Uitvoering in Vredefort gekanselleer
Die beplande uitvoering van ’n program van kantates van Johann Sebastian Bach op 29 Oktober in die NG Kerk Vredefort, moes ongelukkig gekanselleer word as gevolg van probleme met die beskikbaarheid van die musici. Die program word steeds op 27 Oktober in Pretoria, en op 28 Oktober in Johannesburg uitgevoer. Die volgende kursus wat deur …
Die beplande uitvoering van ’n program van kantates van Johann Sebastian Bach op 29 Oktober in die NG Kerk Vredefort, moes ongelukkig gekanselleer word as gevolg van probleme met die beskikbaarheid van die musici.
Die program word steeds op 27 Oktober in Pretoria, en op 28 Oktober in Johannesburg uitgevoer.
Die volgende kursus wat deur die Koepel Kunstesentrum aangebied word, is die seminaar Cantare e Sonare, ’n internasionale musiekseminaar in historiese uitvoeringspraktyk met ‘n program van werke van onder andere Monteverdi, Gabrieli en Schütz.
’n Uitvoering van hierdie program word vir die naweek van 17 en 18 Februarie 2018 beplan. Meer inligting oor hierdie kursus, asook inligting oor die komende konserte in Johannesburg en Pretoria, is op die webwerf www.deelfontein.co.za beskikbaar.