NewsNews

Só word paraatheid opgeskerp

Verskeie Parysenaars het verlede week ’n 3 maande selfverdedigingskursus suksesvol voltooi waarmee waardevolle tegnieke geleer is om paraatheid op te skerp. Die kursus deur renshi Kobus Grobler en shodan Sonja van Rhyn word reeds die afgelope 6 jaar in Parys aangebied. Sonja sê die kursus is suiwer ’n gemeenskapsdiens om inwoners te help om die …

Verskeie Parysenaars het verlede week ’n 3 maande selfverdedigingskursus suksesvol voltooi waarmee waardevolle tegnieke geleer is om paraatheid op te skerp.
Die kursus deur renshi Kobus Grobler en shodan Sonja van Rhyn word reeds die afgelope 6 jaar in Parys aangebied.
Sonja sê die kursus is suiwer ’n gemeenskapsdiens om inwoners te help om die basiese vaardighede van selfverdediging onder die knie te kry.
Die kursus kan gratis aangebied word danksy die NG gemeente Parys-Oos wat die kerksaal vir die duur van die kursus gratis beskikbaar en die gemeente se ds. Ian Jonker en Attie Goosen wat sorg dat die saaldeure oopbly vir die kursus.
Die kursus is só gewild dat baie studente meer as een kursus bywoon om hul vaardighede op te skerp.
Die volgende kursus is in Februarie 2018. Oud, jonk, mans sowel as dames – enigeen is welkom. Twee kursusse word jaarliks aangebied en die kursus duur 3 maande wanneer daar elke Woensdagaand vir die duur van die krusus tussen 18:00 en 19:00 in die kerksaal van die NG gemeente Parys-Oos bymekaar gekom word.
Slegs ’n R50 registrasiefooi per student word gevra wat net die koste van die sertifikate en ’n selfverdedigingswapen vir elke student moontlik maak.

Related Articles

Back to top button