NewsNews

Pastoor in hegtenis na beweerde verkragting

Potchefstroom – ’n Pastoor is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n vrou in Luitinghstraat verkrag het. Illustration photo Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die vrou op 7 Oktober saam met ’n groep mense ‘n saamrygeleentheid by die pastoor vanaf die kerk gekry. Volgens die vrou het hulle die ander mense afgelaai, waarna …

police,saps

Illustration photo
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die vrou op 7 Oktober saam met ’n groep mense ‘n saamrygeleentheid by die pastoor vanaf die kerk gekry.
Volgens die vrou het hulle die ander mense afgelaai, waarna die pastoor haar na haar ouerhuis sou neem. Hy het glo verby die huis tot in Luitinghstraat in die nywerheidsgebied gery. Hier het hy na bewering stilgehou en die vrou verkrag.
Volgens Manyoba is die saak Dinsdag 17 Oktober aangemeld. Die pastoor is in hegtenis geneem, maar teen druktyd was dit nog nie bekend of hy in die hof verskyn het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button