NewsNews

Die kroning is naby – stem nou!

Die kroning van vanjaar se  Mev. SA is naby! Die nuwe kroondraer sal op Vrydag 19 November aangekondig word en vanjaar het Parysenaars geleentheid om vir een van die dorp se inwoners te kan stem! Esmé Booyens Burn, sakevrou en modeontwerper van Parys, is een van die net 25 finaliste vir vanjaar se Tammy Taylor …

Die kroning van vanjaar se  Mev. SA is naby! Die nuwe kroondraer sal op Vrydag 19 November aangekondig word en vanjaar het Parysenaars geleentheid om vir een van die dorp se inwoners te kan stem!
Esmé Booyens Burn, sakevrou en modeontwerper van Parys, is een van die net 25 finaliste vir vanjaar se Tammy Taylor Mev. Suid-Afrika kroning.
“Mev. SA moet iemand wees wat haar beste self is. Iemand na wie jy kan opkyk, ’n gewone vrou wat in alles wat sy doen, haar beste gee.”
Só glo Esmé wat ook ‘n voormalige Mev. Vrystaat is, en eienaar van die modeontwerp onderneming, The Mark of E. Hierbenewens is sy ’n ywerige student en ma van ’n besige klein peutertjie, JC.
Esmé het ‘n graad in modeontwerp, en in besigheidsbestuur, en is tans besig met haar studie in die regte aan Unisa. Parysenaars kan vir Esmé stem deur #SABC3 Esme Booyens Burn na 35959 te SMS.
* Nog een van vanjaar se finaliste van Tammy Taylor Mev. Suid-Afrika is Rhona Erasmus, skoondogter van Jan en Henriëtte Erasmus van Parys.  Rhona is getroud met Wikus Erasmus, ook ’n gebore en getoë Parysenaar. Rhona se oupa was ds. Sarel Eloff wat ná hy met sy aftrede hom hier in Parys gevestig het, ’n  lang verbintenis met die NG Parys-Suid gemeente, maar ook ander NG gemeentes in Parys gehad het.
Wikus en Rhona is albei onderwysers en het mekaar met die skoolhouery ontmoet. Vandag is Rhona ’n  knap sakevrou met haar eie babasentrum, die Midstream Babahuis vir kinders 3 maande tot 3 jaar. Sy is ook mede franchise eienaar van die Pienkvoet-Pret onderneming met 30 takke landwyd.
Rhona het ’n  passie vir kinders en voel daar is ’n leemte in die onderrig van hierdie kinders, en opleiding van personeel wat juis met hierdie ouderdomsgroep kan werk. Sy is betrokke by die NEA Foundation wat skole in agtergeblewe gemeenskappe stig en hul na onafhanklikheid lei.
Oor haar besluit om in te skryf, sê Rhona dat óf sy die kroondraer word aldan nie, sy weet dat die Here haar gaan gebruik. Waar sy voorheen nie regtig hoëhakskoene sou dra nie, en nog nooit aan só ’n  kompetisie deelgeneem het nie, weet sy dat haar inskrywing haar op die pad geplaas het om haar passie vir kinders en omgee vir ander vroue te kan uitleef.
Syself het eers met haar tweede kind besef hoeveel mylpale sy van haar eersteling gemis het omdat sy haarself nie toegelaat het om in die oomblik te leef nie. “Jy moet vir jouself lief wees en jouself ken. Eers toe ek deur hierdie proses is, en my ware talente ontdek het, het ek besef hoeveel ek aan ander kan teruggee. Ek wil ander vroue bemagtig om hul drome na te jaag, en om na hulself fisies en emosioneel om te sien. Net dan kan jy uitreik na ander.”
Rhona en Wikus het twee seuns, Júan (3) en Wikus (1). Mense kan vir haar stem deur te sms na  35959 met die boodskap #SABC3 Rhona Erasmus.

 

 

Esmë Booyens Burn.
Rhona Erasmus. Foto: Patrick Further.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button