NewsNews

Van rofstoei tot wynproe op vanjaar se fees-spyskaart

As jy gewonder het wat Parys jou die naweek van 3-5 November kan bied, kan jy beslis die Dome Avontuurfees dagboek wat al ’n jaarlikse instelling vir die dorp geword het. Die fees begin reeds Vrydag 3 November by die AfriDome terrein met ’n  bierfees tot laat, en Marné Prinsloo, en Henk Grimsel en die …

As jy gewonder het wat Parys jou die naweek van 3-5 November kan bied, kan jy beslis die Dome Avontuurfees dagboek wat al ’n jaarlikse instelling vir die dorp geword het. Die fees begin reeds Vrydag 3 November by die AfriDome terrein met ’n  bierfees tot laat, en Marné Prinsloo, en Henk Grimsel en die After Party Band wat sal optree. Toegang vir Vrydag is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders 2-12 jaar.
Saterdag 4 November kan jy uitsien na van kaskarresies tot miniatuur perde en ponies, ’n  waaghalsige vertoning van Extreme motorfietse en die kroning van Mnr. en Mej. Dome, asook ’n babakompetisie en talentkompetisie by die AfriDome.
Vanjaar bied die program ook ’n wynproe, sterkman vertoning en rofstoei. Kunstenaars wat sal optree sluit in Rinel Day, Marné Prinsloo, Cordelia, Dirk van der Westhuizen, Franja du Plessis, Piet Pompies, Bok van Blerk en Kahn Morbee.
Hierbenewens is daar talle buitelug avontuuraktiwiteite in en om Parys waaronder gholf, parkrun, skydive, 4 x 4 roetes, die baie gewilde Dome Warrior Sprint, river rafting en Kajak Rodeo.
Toegang vir Saterdag is R120 vir volwassenes en R60 vir kinders 2-12 jaar. Sondag 5 November skuif die fees oudergewoonte na die Parys Golf en Country Estate vir die groot Dragonboot kragmeting. Hier sal toegang jou R30 per persoon kos. Kom geniet, beleef en kuier saam.Vir navrae skakel die Parys Info-kantoor by (056) 811 4000.

Related Articles

Back to top button