NewsNews

Kom kyk saam voëls by Rietpoort

Feathers-voëlklub nooi alle belangstellendes uit om die oggend van Donderdag 26 Oktober saam op die plaas Rietpoort te gaan voëls kyk. Die plaas is ongeveer 6 kilometer buite die dorp op die Potchefstroom-pad en belangstellendes vertrek om 07:00 vanaf die Pick ’n  Pay parkeerterrein. Bring verkykers, jou hoed, stoele en piekniekmandjies saam, en moenie die …

Feathers-voëlklub nooi alle belangstellendes uit om die oggend van Donderdag 26 Oktober saam op die plaas Rietpoort te gaan voëls kyk.
Die plaas is ongeveer 6 kilometer buite die dorp op die Potchefstroom-pad en belangstellendes vertrek om 07:00 vanaf die Pick ’n  Pay parkeerterrein. Bring verkykers, jou hoed, stoele en piekniekmandjies saam, en moenie die goggaroom vergeet nie.
Die klub se volgende byeenkoms is Donderdagaand, 26 Oktober om 18:30 in die Sally Martin Park saal. Chris Noome van Johannesburg sal vir klublede kom wys en gesels oor wat hul tydens hul onlangse besoek aan Namibië en Botswana gesien het.
Almal wat belangstel in ons voëllewe is welkom om die geleenthede by te woon.
Skakel Hansie Bekker by 056 811 4754 of 082 820 4306, of Peter Killian by 056 817 6031 of 083 625 8100, vir meer inligting oor die klub, byeenkomste en die uitstappies.

Related Articles

Back to top button