NewsNews
Matriekseun neem ouma na sy matriekafskeid!
‘n Matriekseun het die koppe behoorlik laat draai toe hy sy ouma as matriekafskeid-maat gekies het. Waldouw Smit van Gimmies het besluit om uit dankbaarheid vir alles wat sy oupa en ouma al vir hom beteken het, haar na sy matriekafskeid saam te neem. Waldouw Smit van Gimmies het sy ouma, Yvonne na sy matriekafskeid …

Waldouw Smit van Gimmies het sy ouma, Yvonne na sy matriekafskeid geneem.
Waldouw en ouma Yvonne het ’n staande toejuiging gekry toe hulle in ’n 1970 Mazda De Lux, wat reeds vier geslagte in die familie is, by Gimmies se sportveld opgedaag het. Die matriekafskeid is voorafgegaan deur ’n geleentheid op die rugbyveld waar die paartjies hulself en die voertuie waarin hulle gery het, kom wys het.
Op die nommerplaat van die Mazda was die woorde: “Ouma en Kleinseun”.
Waldouw was verlede jaar die nommer een o.17-spiesgooier in die wêreld en gaan aanstaande jaar aan die NWU studeer waar die bekende afrigter Tersius Liebenberg, hom onder hande gaan neem. Waldouw is vir agt jaar deur sy oupa Koos afgerig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



