NewsNews

Só wil VVA ons bejaardes help

Die Sonskynklub vir bejaardes 65 jaar en ouer is onlangs deur Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) gestig.  Die doel van die klub is om uit te reik na bejaardes in ons gemeenskap met ondersteunende hulpdienste wat teen bekostigbare tariewe aan klublede gelewer sal word. Hiermee wil VVA help om ons ouer persone in staat te …

Die Sonskynklub vir bejaardes 65 jaar en ouer is onlangs deur Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) gestig.  Die doel van die klub is om uit te reik na bejaardes in ons gemeenskap met ondersteunende hulpdienste wat teen bekostigbare tariewe aan klublede gelewer sal word.
Hiermee wil VVA help om ons ouer persone in staat te stel om so lank as moontlik selfstandig en onafhanklik as volwaardige lede van die gemeenskap aktief te kan funksioneer. Daarmee saam kan bejaardes ook steeds ’n groot rol speel in die gemeenskap en ook onder mekaar met hul talente en tyd wat op vele terreine ’n verskil kan maak.
Dienste wat tans met die uitreikpoging na bejaardes deur VVA ingesluit word, is maatskaplike dienste, tuisverpleging, mediese hulpmiddels, tuis- en tuinhulp koördinering, haarkappery, naelversorging, neem van bloeddruk en suikertoetse, ’n telefoondiens waarmee daagliks met bejaardes gekommunikeer kan word om seker te maak hulle is versorg, gereelde maandelikse uitstappies, vervoer na inkopiesentrums, fliekdae/speletjies, ’n  naaldwerk/boekklub en nutsman diens vir klein takies.
Die ledegeld vir die klub is slegs R50 per jaar sê Sanette Boonzaier, gemeenskapskoördineerder vir VVA. Bejaardes wat lid is van die klub sal die genoemde dienste baie goedkoper kry.
Vyf en dertig bejaardes het reeds die stigtingsvergadering in September bygewoon en alle bejaardes is welkom om Sanette te skakel by 079 324 0603 met navrae oor hoe om in te skakel by die Sonskynklub, of oor die dienste wat gebied word.
Kerke in die dorp word ook gevra om bejaardes in hul gemeentes aan te moedig om aan te sluit by die klub en gebruik te maak van hierdie hand van hulp wat na ons bejaardes uitgereik word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button