NewsNews

En die kroning kom nader – stem nou

Die kroning van vanjaar se Mev SA is naby! Op Vrydag 19 November sal die nuwe kroondraer aangekondig word en vanjaar het Parysenaars geleentheid om vir een van die dorp se inwoners te kan stem! Esmé Booyens Burn, sakevrou en modeontwerper van Parys is een van die net 25 finliaste vir vanjaar se Mev. Suid-Afrika …

Die kroning van vanjaar se Mev SA is naby! Op Vrydag 19 November sal die nuwe kroondraer aangekondig word en vanjaar het Parysenaars geleentheid om vir een van die dorp se inwoners te kan stem! Esmé Booyens Burn, sakevrou en modeontwerper van Parys is een van die net 25 finliaste vir vanjaar se Mev. Suid-Afrika kroning.

“Mev. SA moet iemand wees wat haar beste self is. Iemand na wie jy kan opkyk, ’n gewone vrou wat in alles wat sy doen, haar beste gee.”
Só glo Esmé wat ook ‘n voormalige Mev. Vrystaat is,  en eienaar van die modeontwerp onderneming, The Mark of E.
Hierbenewens is sy ’n ywerige student en ma van ’n besige klein peutertjie,  JC.
Esmé het ‘n graad in mode-ontwerp en in besigheidsbestuur, en is tans besig met haar studie in regte aan Unisa.
Parysenaars kan vir Esmé stem deur #SABC3 Esme Booyens Burn na 35959 te SMS.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button