En die kroning kom nader – stem nou
Die kroning van vanjaar se Mev SA is naby! Op Vrydag 19 November sal die nuwe kroondraer aangekondig word en vanjaar het Parysenaars geleentheid om vir een van die dorp se inwoners te kan stem! Esmé Booyens Burn, sakevrou en modeontwerper van Parys is een van die net 25 finliaste vir vanjaar se Mev. Suid-Afrika …

Die kroning van vanjaar se Mev SA is naby! Op Vrydag 19 November sal die nuwe kroondraer aangekondig word en vanjaar het Parysenaars geleentheid om vir een van die dorp se inwoners te kan stem! Esmé Booyens Burn, sakevrou en modeontwerper van Parys is een van die net 25 finliaste vir vanjaar se Mev. Suid-Afrika kroning.
“Mev. SA moet iemand wees wat haar beste self is. Iemand na wie jy kan opkyk, ’n gewone vrou wat in alles wat sy doen, haar beste gee.”
Só glo Esmé wat ook ‘n voormalige Mev. Vrystaat is, en eienaar van die modeontwerp onderneming, The Mark of E.
Hierbenewens is sy ’n ywerige student en ma van ’n besige klein peutertjie, JC.
Esmé het ‘n graad in mode-ontwerp en in besigheidsbestuur, en is tans besig met haar studie in regte aan Unisa.
Parysenaars kan vir Esmé stem deur #SABC3 Esme Booyens Burn na 35959 te SMS.




