NewsNews

VF Plus: Munisipaliteit moet hou by reëls

Die Ngwathe-plaaslike munisipaliteit, wat Heilbron, Parys, Vredefort, Koppies en Edenville insluit, wou verlede Donderdag, 5 Oktober, R112 miljoen se onreëlmatige uitgawes op ʼn onwettige vergadering goedkeur. Só sê VF Plus-raadslid, Phillip van der Merwe. Hy sê munisipale bestuur verontagsaam wetgewing en die munisipaliteit se eie reëls en ordes ten opsigte van die kennisgewings en advertering …

Die Ngwathe-plaaslike munisipaliteit, wat Heilbron, Parys, Vredefort, Koppies en Edenville insluit, wou verlede Donderdag, 5 Oktober, R112 miljoen se onreëlmatige uitgawes op ʼn onwettige vergadering goedkeur.
Só sê VF Plus-raadslid, Phillip van der Merwe. Hy sê munisipale bestuur verontagsaam wetgewing en die munisipaliteit se eie reëls en ordes ten opsigte van die kennisgewings en advertering van vergaderings, en gaan onverantwoordelik en buite die wet om met belastingbetalers se geld.
“Die nuutste raadsvergadering wat byeen geroep is, is nie met die bepaalde vyf dae kennis, wat vir gewone raadsvergaderings geld, gedoen nie. Dit is nie eens met 48 uur kennis, soos bepaal vir spesiale vergaderings, gedoen nie. Dit beteken dat die vergadering, indien dit sou voortgaan, in effek onwettig sal wees,” sê Van der Merwe.
“Aangesien die sake op hierdie vergadering se agenda reeds voor 30 Augustus hanteer moes wees, is daar nie nou ʼn maand later, skielik gronde vir dringendheid nie. Die agenda bepaal dat die raad versoek sal word om nagenoeg R112 miljoen se onreëlmatige uitgawes goed te keur, wat ook in teenstelling met bepaalde wetgewing nie behoorlik deur die Artikel 32-komitee ondersoek is nie, want daar is nie ʼn volledige verslag oor die uitgawes gesirkuleer nie.”
Van der Merwe sê dit is onaanvaarbaar om so lukraak met belastingbetalersgeld om te gaan en van die raad te verwag om buite die raamwerk van die wet sodanige uitgawes sonder die nodige verslae te oorweeg, of goed te keur.
Die VF Plus oorweeg nou regstappe om die munisipaliteit te dwing om aan sy eie reëls en ordes en ander munisipale wetgewing te voldoen.
“Dit is uiteraard ʼn skande dat ʼn liggaam wat verantwoordelik is vir die bestuur van ʼn hele munisipale gebied, deur die howe verplig sal moet word om aan sy eie reëls te voldoen,” het Van der Merwe gesê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button