NewsNews

Uit my dagboek: Pappa se kind: ‘Ouvrou stories’

Ons almal ken die stories, stories waarmee ons grootgeword het, stories wat ons ouers en grootouers sonder ophou in ons koppe in geraas het. Ons almal ken die stories, stories waarmee ons grootgeword het, stories wat ons ouers en grootouers sonder ophou in ons koppe in geraas het. Moenie bad wanneer daar stormweer is nie, …

Ons almal ken die stories, stories waarmee ons grootgeword het, stories wat ons ouers en grootouers sonder ophou in ons koppe in geraas het.
Moenie bad wanneer daar stormweer is nie, wag ’n uur nadat jy geëet het voordat jy gaan swem, eet jou wortels sodat jy beter kan sien en jy gaan verkoue kry as jy buite in die koue speel.
Die stories is al bewys as halwe waarhede, of sommer net iets wat van een generasie tot die volgende oorleef het, sonder dat mense dit bevraagteken.
Moet ons onsself steur aan die wysheid van die oumense? Hier is wat ek kon uitvind oor ‘n paar van die ‘ouvrou-stories’
Bad of stort tydens ’n donderstorm
Volgens ’n artikel in die New York Times is dit moontlik om geskok te word as jy bad of stort tydens ’n donderstorm. Dit gebeur wanneer weerlig so naby die huis slaan dat die elektrisiteit deur die waterpype gelei word tot by jou wat in die bad sit. Alhoewel dit moontlik is, sê Ron Holle, ’n afgetrede meteoroloog, is dit hoogs onwaarskynlik dat so iets sal gebeur, veral omdat nuwer huise beter beskerm is teen weerlig. So kom ons noem hierdie een ’n halwe waarheid. Dit gaan nie veroorsaak dat ek nie bad wanneer dit reën nie.
Jy moet ’n uur wag nadat jy geëet het voordat jy kan swem
Die storie is dat jy moet wag dat jou kos moet sak, anders gaan jy krampe kry en verdrink.
Alhoewel ’n kramp kan ontwikkel omdat meeste van die bloedtoevoer na die maag toe gaan om vertering te help, is daar geen aanduiding dat ’n kramp jou sal laat verdrink nie. So ek gaan sê snert, vat so ma.
Die American Red Cross stel voor dat ouers hulle eie “common sense” gebruik wanneer dit by dié kwessie kom.
Jy gaan verkoue kry as jy buite in die koue speel
Die storie is snert, die koue veroorsaak nie verkoue nie, dit is ’n virus. Volgens kidshealth.org is mense meer geneig om verkoues in die winter te kry omdat die virusse makliker binnenshuis versprei word, waar daar meer kontak met droë lug en mense met verkoue kan wees. Droë lug – binne of buite – kan weerstand teen infeksie verminder. Tog gebruik ek steeds die storie om vir Aiden in die huis te hou, veral wanneer hy klaar gebad het.
Jy moet jou wortels eet om jou sig te verbeter
Hierdie storie was die vloek van my bestaan as kind. Ek wou nooit my wortels eet nie. Dit sou vir wonderlik wees as hierdie storie snert was, maar dit is meer een van daai halwe waarhede, so jammer ma. Wortels bevat groot hoeveelhede vitamiene A wat goed is vir mens se sig. Hoewel dit nie jou sig kan verbeter nie, kan dit help om goeie sig te handhaaf. Is die oumense wys oor hulle ‘ouvrou stories’, ek glo so. Hoewel baie van die stories net half waar is, kom dit uit ’n tyd waar mense self, sonder die hulp van tegnologie, besluite moes maak. Om sonder enige data slegs half reg te wees, is bewonderenswaardig.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button