NewsNews

Jong man sterf ná bakkie rol

  ‘n Man, vermoedelik in sy laat twintigs, het laat Maandagmiddag, 9 Oktober, gesterf toe hy uit sy bakkie geslinger is nadat dit by die Schoemansdrifweg, sowat 15 km buite Potchefstroom, van die pad geloop en gerol het. Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het paramedici van dié ambulansdiens, tesame met die provinsiale brandweerdienste met …

 

‘n Man, vermoedelik in sy laat twintigs, het laat Maandagmiddag, 9 Oktober, gesterf toe hy uit sy bakkie geslinger is nadat dit by die Schoemansdrifweg, sowat 15 km buite Potchefstroom, van die pad geloop en gerol het. Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het paramedici van dié ambulansdiens, tesame met die provinsiale brandweerdienste met hul aankoms op die toneel gevind dat die bakkie sowat 100 meter van die pad af op sy dak gelê het. Die bestuurder van die bakkie het verskeie beserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar. Die polisie was op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button