NewsNews
Groot pryse om te wen met Dome fees gholf-kragmeting
Gholfspelers kan vanjaar weer uitsien na aanloklike pryse wat gewen kan word met die Dome Adventure Festival Champions trofee. Dié kragmeting vind plaas by die Parys Golf & Country Estate tydens die dorp se jaarlikse Dome fees (4-5 November). Elke speler van die wenspan kry vanjaar R2 000, en elke speler in die naaswenner-span verdien …
Gholfspelers kan vanjaar weer uitsien na aanloklike pryse wat gewen kan word met die Dome Adventure Festival Champions trofee.
Dié kragmeting vind plaas by die Parys Golf & Country Estate tydens die dorp se jaarlikse Dome fees (4-5 November).
Elke speler van die wenspan kry vanjaar R2 000, en elke speler in die naaswenner-span verdien R1 000.
Hierbenewens is daar ook nog talle ander pryse op die “green” en vir individuele kompetisies.
Spelformaat is ’n Better Ball Stableford Scramble Drive.
Bespreek nou by die Pro Shop by (056) 818 1567 of skakel Werda by 083 302 0849. Inskrywingsvorms is ook beskikbaar op die webwerf www.domefest.co.za
Vir meer inligting oor vanjaar se Dome fees skakel die Parys Info-kantoor by (056) 811 4000.
You can read the full story on our App. Download it here.