NewsNews

Bewaar jou brein

Demensie in die algemeen en Alzheimers in besonder is grootliks die gevolg van wanfunksionering van die brein, wat veroorsaak word deur die afsterf en vernietiging van breinselle. Daarom moet elkeen – jonk of oud, alles moontlik doen om die brein gesond te hou. Benewens die hart, niere, longe en ander lewensbelangrike organe, is die brein …

Demensie in die algemeen en Alzheimers in besonder is grootliks die gevolg van wanfunksionering van die brein, wat veroorsaak word deur die afsterf en vernietiging van breinselle. Daarom moet elkeen – jonk of oud, alles moontlik doen om die brein gesond te hou.
Benewens die hart, niere, longe en ander lewensbelangrike organe, is die brein seker van die belangrikste wat ononderbroke aandag moet geniet.
“Wees veral versigtig wat in jou hart aangaan, want dit bepaal jou hele lewe.” – Spreuke 4:23. Die menselike drie-eenheid bestaan uit die liggaam, siel en gees.
Eersgenoemde (die liggaam) – huisves die siel, naamlik die verstandelike, emosie, die vrye wil, die denke, asook die gees.
Die denke is die bron (in die teksvers genoem die hart) wat die gedrag van die mens bepaal. Solank die brein gesond is, sal die funk- sionering na wense wees. Beserings of enige ander nadelige aanslag teen die brein berokken die persoon van positiewe gebruik daarvan. Die National Institute on Ageing (NIH) van die VSA, tesame met ’n  aantal relevante organisasies, het na navorsing ’n gids saamgestel, “Brain Health as You Age” (Cognitive Health) ten einde die ouerwordende persoon, die versorger van, en die Alzheimer-pasiënt, in te lig oor hoe om die brein solank moontlik funksioneel en gesond te hou.
Die doel is om die persoon wat ouer word te vergewis van moontlikhede hoe om ten spyte van demensie, langer in staat te wees om produktief te bly.
Elke fase in die lewe van die mens vereis sekere veranderinge en aanpassings wat die denke betref. ’n  Gesonde  brein spel: positiewe denke, gegrond op lering en ervaring van ’n vorige gesonde leefwyse asook ’n  goeie geheue, doelgerigte beplanning en besluitneming. Genoemde werk verstandelike bekwaamhede in die hand, wat die persoon in staat stel om nuwe vaardighede aan te leer asook ’n onafhanklike toekomstige leefwyse te handhaaf. Met veroudering vind aftakeling plaas van elke deel van die liggaam, sowel as die brein. Sekere dele van die brein krimp as gevolg van die dood en tot niet gaan van breinselle, veral die selle ten opsigte van leerprosesse en die meer komplekse brein aktiwiteite.
Konneksie tussen selle en selgroepe is nie meer effektief nie. Ouer persone asook Alzheimerlyers ontwikkel kommunikasieprobleme.
Weens aftakeling van onthouvermoë is die soeke na woord ’n  leemte. Ook die belangstellingsvermoë van die bejaarde kwyn.
Risiko’s wat die breinfunksie benadeel:
Rook: Kan hartaanvalle, beroerte en longprobleme veroorsaak. Al sou behandeling van die siektes na wense geskied, sal dit tog nadelig wees vir die brein. Alkohol: Saam met sekere medikasie kan dit die pasiënt verward maak. Gereelde gebruik veroorsaak gebrekkige redevoering, duiseligheid, balansprobleme, swak breinfunksie, geheueverlies, hoë bloeddruk, slaaploosheid en depressie.
Behandeling:
* Sorg vir die mees doeltreffende behandeling van siektes en waak teen val en ander breinbeserings.
* Verminder die risiko van siektes soos diabetes, beroerte, depressie en siektes wat normaalweg met die ouderdom ontstaan en agteruitgang van die brein veroorsaak. Neem aspekte in ag wat die brein voed en versterk.
* Fisiese oefeninge, stap en aktiwiteite in vars lug.
* Eet daagliks ’n  gesonde gebalanseerde ete. Maer vleis en meer vars groente en vrugte. Sorg vir genoegsame vesel en neute.
* Genoegsame slaap is essensieel. Skakel slaaploosheid uit.
Alzheimers is ongeneeslik. Middels en goeie versorging vertraag net die agteruitgang van die brein. Sosiale aktiwiteite, veral in die groep, is voordelig vir die gemoedstemming van die Alzheimer-pasiënt. Lees van geskikte boeke en tydskrifte, die aanleer van iets nuuts, nuwe aktiwiteite, lewenswaarhede, korrekte taalgebruik en speletjies waar die denkprosesse betrek word, is uiters voordelig vir die demensielyer. “Keep learning, never let the brain idle.”
* Enige navrae sal beantwoord word. Skakel Izak Kriel (Die Vuurtoring Projek) by 082 898 3723 of Marietjie Oehley by (056) 811 2460

Related Articles

Back to top button