En dis ‘n rekord!
André van Zijl het dit reggekry. Die man wat meer as 3 000 vetkoeke in 24 uur aaneen kon bak – en dit alles om ander te help. Die vetkoek bakkery by Vetkoek Paleis en Pizza Place verlede Vrydag was André se 54ste wêreldrekordpoging ten bate van Epilepsie Suid-Afrika, die DBV en Overcomers Wealth. Dankie …

André van Zijl het dit reggekry. Die man wat meer as 3 000 vetkoeke in 24 uur aaneen kon bak – en dit alles om ander te help. Die vetkoek bakkery by Vetkoek Paleis en Pizza Place verlede Vrydag was André se 54ste wêreldrekordpoging ten bate van Epilepsie Suid-Afrika, die DBV en Overcomers Wealth. Dankie aan Zaza van Vetkoek Paleis, Wessel Strydom van Sasko vir die meel wat geskenk is, Guy Stehlik van Bon Hotel (olie en suurdeeg), Tony Jardim van Springbok-kafee (olie, verpakkingsmateriaal en suurdeeg), en Andy Leondios van La Grand Chateau vir André se verblyf wat hierdie wêreldrekordpoging en uitreik na verdienstelike organisasies in die gemeenskap moontlik gemaak het.



