Só kan jou bloedbydrae help
Oktober is borskanker bewustheidsmaand. Het jy geweet dat 27% van bloed gebruik word vir mediese gevalle soos kankerbehandeling. Juis daarom doen die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens ‘n beroep op alle bloedskenkers om ook hier hul bydrae te lewer. Bloedskenkers moet aan die volgende vereistes voldoen: •50kg of meer weeg; •‘n Veilige seksuele leefstyl volg; •Tussen die …

Oktober is borskanker bewustheidsmaand.
Het jy geweet dat 27% van bloed gebruik word vir mediese gevalle soos kankerbehandeling. Juis daarom doen die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens ‘n beroep op alle bloedskenkers om ook hier hul bydrae te lewer.
Bloedskenkers moet aan die volgende vereistes voldoen:
•50kg of meer weeg;
•‘n Veilige seksuele leefstyl volg;
•Tussen die ouderdom van 16 en 65 wees;
•Goeie gesondheid geniet; en
•‘n Maaltyd nuttig voor skenking.
Skenk bloed op Dinsdag 10 Oktober vanaf 13:00 – 19:00 by die Hervormde Kerksaal, Parys. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel.
Alle bloedgroepe is baie belangrik, maar spesifiek groep O negatief is baie nodig omdat hierdie bloedgroep verenigbaar is met al die ander bloedgroepe wat ‘n dringende behoefte aan bloed het.
Help die Bloeddiens om ʼn bloedtekort te voorkom, deur bloedskenking te ondersteun



