NewsNews

Plaaslike skietdae vir Oktober

Alle skuts word herinner dat daar geleentheid is om met handwapens te skiet op Dinsdag 10 Oktober by Sons of Guns se binnenshuise skietbaan. Daar is ook ’n  plaaslike jaggeweer skietdag van die Suid-Afrikaanse Jagters & Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Olienhout-tak op Saterdag 21 Oktober om 08:00 op die Ballistic Beast Skietbaan (ou Kommando-skietbaan) by die Parys-vliegveld. …

Alle skuts word herinner dat daar geleentheid is om met handwapens te skiet op Dinsdag 10 Oktober by Sons of Guns se binnenshuise skietbaan.
Daar is ook ’n  plaaslike jaggeweer skietdag van die Suid-Afrikaanse Jagters & Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Olienhout-tak op Saterdag 21 Oktober om 08:00 op die Ballistic Beast Skietbaan (ou Kommando-skietbaan) by die Parys-vliegveld. Dit sal ’n geldige skietbyeenkoms vir SAJWV-lede wees.
Lede en nie-lede asook juniors is welkom. Diegene wat iemand anders se kinders saambring om te kom skiet, moet onthou om vooraf by Sons of Guns ’n vrywaringsvorm in te vul. Oog- en oorbeskerming vir die skietdag is verpligtend.
Enigeen wat navrae het is welkom om Jan Lubbe by 082 421 1122 te kontak, of stuur ‘n e-pos na guns@parys.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button