NewsNews

Luiperdspelers van aanranding beskuldig

‘n Groep Luiperdsrugbyspelers wat ook studente by die Puk is, word daarvan beskuldig dat hulle twee mans en ‘n vrou Saterdagaand (30 September) omstreeks 23:15 aangerand het. Illustration photo ‘n Groep Luiperdsrugbyspelers wat ook studente by die Puk is, word daarvan beskuldig dat hulle twee mans en ‘n vrou Saterdagaand (30 September) omstreeks 23:15 aangerand het. …

police,saps

Illustration photo

‘n Groep Luiperdsrugbyspelers wat ook studente by die Puk is, word daarvan beskuldig dat hulle twee mans en ‘n vrou Saterdagaand (30 September) omstreeks 23:15 aangerand het.

Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is ‘n man, sy suster en swaer in ‘n parkeerterrein glo sonder rede aangerand.

Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het bevestig dat die groep, studente by die Potchefstroom-kampus is.

“Die aangeleentheid is reeds onder die aandag van ons Studente Dissiplinêre kantoor gebring, en sodra die polisie ondersoek afgehandel is, sal die dissiplinêre proses van die universiteit voortgaan,” het hy gesê.

Die Luiperds Rugbyunie het in ‘n verklaring gesê dat daar reeds ‘n interne ondersoek geloots is. In die verklaring het die unie homself van een van die beskuldigdes gedistansieer deur te sê dat hy nie betrokke is by die unie nie.

“Die Luiperds Rugbyunie wil die publiek verseker dat ons nie sulke gedrag goedkeur nie en ons spreek ons spyt uit oor die gebeure,” lui die verklaring.

Volgens Manyoba word ‘n saak van aanranding ondersoek.

Related Articles

Back to top button