NewsNews

Luiperdspelers van aanranding beskuldig

‘n Groep Luiperdsrugbyspelers wat ook studente by die Puk is, word daarvan beskuldig dat hulle twee mans en ‘n vrou Saterdagaand (30 September) omstreeks 23:15 aangerand het. Illustration photo ‘n Groep Luiperdsrugbyspelers wat ook studente by die Puk is, word daarvan beskuldig dat hulle twee mans en ‘n vrou Saterdagaand (30 September) omstreeks 23:15 aangerand het. …

police,saps

Illustration photo

‘n Groep Luiperdsrugbyspelers wat ook studente by die Puk is, word daarvan beskuldig dat hulle twee mans en ‘n vrou Saterdagaand (30 September) omstreeks 23:15 aangerand het.

Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is ‘n man, sy suster en swaer in ‘n parkeerterrein glo sonder rede aangerand.

Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het bevestig dat die groep, studente by die Potchefstroom-kampus is.

“Die aangeleentheid is reeds onder die aandag van ons Studente Dissiplinêre kantoor gebring, en sodra die polisie ondersoek afgehandel is, sal die dissiplinêre proses van die universiteit voortgaan,” het hy gesê.

Die Luiperds Rugbyunie het in ‘n verklaring gesê dat daar reeds ‘n interne ondersoek geloots is. In die verklaring het die unie homself van een van die beskuldigdes gedistansieer deur te sê dat hy nie betrokke is by die unie nie.

“Die Luiperds Rugbyunie wil die publiek verseker dat ons nie sulke gedrag goedkeur nie en ons spreek ons spyt uit oor die gebeure,” lui die verklaring.

Volgens Manyoba word ‘n saak van aanranding ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button