Photo GalleriesSport

Gholfdag vir Adam en Bertus – jy kan help

‘n Gholfdag word op Vrydag 6 Oktober by die Parys Golf & Country Estate in Parys aangebied ten bate van Adam Barnard van die Romanz-sanggroep, vir sy mediese uitgawes ten opsigte van dialise en ‘n nieroorplanting. Die insameling is ook ten bate van Bertus van der Walt, ‘n terminale kankerlyer wat blind is weens melanomae …

‘n Gholfdag word op Vrydag 6 Oktober by die Parys Golf & Country Estate in Parys aangebied ten bate van Adam Barnard van die Romanz-sanggroep, vir sy mediese uitgawes ten opsigte van dialise en ‘n nieroorplanting.
Die insameling is ook ten bate van Bertus van der Walt, ‘n terminale kankerlyer wat blind is weens melanomae op sy brein. Bertus is reeds permanent bedlêend. Adam woon in Parys en is die ambassadeur van die Parys Gholfklub. Die spelersfooi beloop R500 per speler (R 2 000 per span van 4 spelers) en sluit 18 putjies gholf, ‘n gholfkarretjie asook ‘n aandete tydens die prysuitdeling in.
Die formaat van die kompetisie is ‘n individuele Stablefordkompetisie (IPS). Mans met geen amptelike voorgee sal van ‘n 18 voorgee mag speel, en dames van ’n  24. Spelers met ‘n amptelike voorgee by amptelike klubs, speel vanaf hulle amptelike voorgee. Daar sal ook naaste aan die pen pryse en gelukkige prystrekkings wees.
Vir navrae kan Neels Nel by  082 8054 335 gekontak word, of stuur ‘n e-pos na neels.nel0810@gmail.com. As jy nie self wil speel nie, kan jy steeds bydra deur ’n prys of putjie te borg.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button