NewsNews
Dit blom by Dome Primary
Klaar tuis op hul nuwe skoolterrein, en al is daar nog nie sportgronde of tuin gemaak nie, blom dit by die Dome Primary School. Die skool se 70 leerlinge het op lentedag papierblomme gemaak wat teen die klaskamerdeure opgesit is, terwyl die onderwysers ingespring het om plastiese blomme te maak vir die mobiele klaskamermure. Op …
Klaar tuis op hul nuwe skoolterrein, en al is daar nog nie sportgronde of tuin gemaak nie, blom dit by die Dome Primary School. Die skool se 70 leerlinge het op lentedag papierblomme gemaak wat teen die klaskamerdeure opgesit is, terwyl die onderwysers ingespring het om plastiese blomme te maak vir die mobiele klaskamermure. Op die speelterrein is ou motorbande wat in kleurryke blombakke omskep is. En met die Free State/Madeira Flower Festival wat van 29 November tot 3 Desember in Parys gehou word, is hierdie ’n sprekende voorbeeld van wat gedoen kan word om die dorp vir sy inwoners en toeriste te laat blom. Op die foto is Kgotsofalo Motsapi, Christopher Nyamudzanga, Phunyeletso Seforo en Kamohelo Ramokonopi.
You can read the full story on our App. Download it here.