Wêreld se top-koor tree op in S’burg
Die Stellenbosch Universiteitskoor (Matie-koor) tree op 2 Oktober om 19:00 in die Etienne Rousseau Teater op. SASOLBURG. – Die Stellenbosch Universiteitskoor (Matie-koor), wat bestaan uit 120 studente uit verskillende kulturele en akademiese agtergronde, tree op 2 Oktober om 19:00 in die Etienne Rousseau Teater op. Die Matie-koor, wat sedert 2003 onder leiding van die dirigent …

Die Matie-koor, wat sedert 2003 onder leiding van die dirigent André van der Merwe staan, is die oudste en mees gevierde koor in Suid-Afrika. Dit is tans die nommer een amateurkoor in die wêreld en het in 2014 tydens die Wêreld Koor-spele in Latvië ‘n asemrowende 99% in al drie hul kompetisiekategorieë behaal – die hoogste persentasie ooit in die geskiedenis van die wedstryd.
In 2016 het die koor wéér al hul kategorieë gewen tydens die Wêreld Koor-spele in Rusland, waar die koor 96% behaal het. Die Matie-koor is ook gekroon as die toeskouers- en algehele wenner in die eerste Varsity Sing! kompetisie.
Kaartjies vir 2 Oktober se optrede in Sasolburg kos R150 per persoon en kan by Computicket bespreek word.



