NewsNews

Chaos met “stil” munisipale telefoonlyne

Verskeie inwoners van Ngwathe het die afgelope week by die Gazette gekla oor telefoonnommers van die Ngwathe munisipaliteit in onder meer Tumahole, Koppies en Heilbron asook die munisipale noodnommer en brandweer nommer vir Parys (056 811 5834 en 811 3111) wat tans nie werk nie. Die rede waarom die telefoonlyne buite werking is, kon nie …

Verskeie inwoners van Ngwathe het die afgelope week by die Gazette gekla oor telefoonnommers van die Ngwathe munisipaliteit in onder meer Tumahole, Koppies en Heilbron asook die munisipale noodnommer en brandweer nommer vir Parys (056 811 5834 en 811 3111) wat tans nie werk nie.
Die rede waarom die telefoonlyne buite werking is, kon nie teen Gazette se druktyd by die munsipale bestuurder, mnr. Bruce Kannemeyer, of die munisipale woordvoerder, mnr. Steve Naale, bevestig word nie. Die brandweer self kon ook geen duidelikheid gee oor wat fout is met sy lyne nie, behalwe om die Gazette te verwys na die munisipaliteit se bestuurder vir korporatiewe dienste. Gerugte doen die rondte dat iemand van die munisipaliteit glo sou gevra het dat die lyne opgeskort word,terwyl die DA se Carina Serfontein sê dat twee gebiedsbestuurders vir Ngwathe bevestig het dat die probleem rekeningverwant is en glo binne 72 uur reggestel sal word. Die munisipaliteit op sy beurt het wel gesê ondersoek word ingestel na die probleem met die telefoonlyne.
Die gebrek aan nood en na-ure telefoonlyne skep  ’n  geweldige probleem  vir inwoners, veral soos weer die afgelope naweek gesien is toe ‘n deel van die dorp sonder water was. Boonop is die brandweer- en nooddiens en na-ure munisipale nommer in Parys ook die nood en na-ure nommer wat deur inwoners van al die ander Ngwathe dorpe geskakel moet word. Nommers wat nou glad nie beskikbaar is nie, en waarvoor belastingbetalers betaal, sê Serfontein.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button