Gholfdag ten bate van Adam en Bertus
Ondersteun gerus dié verdienstelike saak Adam Barnard, hier saam met sy ma, Christie, wat vroeër vanjaar tragies in ‘n motorbotsing tussen Sasolburg en Parys gesterf het. PARYS. – ‘n Gholfdag word op Vrydag 6 Oktober by die Parys Golf & Country Estate in Parys aangebied ten bate van Adam Barnard van die Romanz-sanggroep, vir sy …
Die insameling is ook ten bate van Bertus van der Walt, ‘n terminale kankerlyer wat blind is as gevolg van melanomae op sy brein. Bertus is reeds permanent bedlêend. Adam woon in Parys en is die ambassadeur van die Parys Gholfklub.
Die gemeenskap kan op die volgende wyse betrokke raak by die inisiatief:
* Skryf individueel of per span in
* Maak ‘n kontant bydrae
* Adverteer u besigheid / produkte deur ‘n putjie te borg ( R1 000 per putjie)
* Skenk pryse vir die dag
* ‘n Kombinasie van bogenoemde
Die spelersfooi beloop R500 per speler (R 2000 per span van 4 spelers) en sluit 18 putjies gholf, ‘n gholfkarretjie asook ‘n aandete tydens die prysuitdeling in.
Die formaat van die kompetisie is ‘n individuele Stablefordkompetisie (IPS). Mans met geen amptelike voorgee sal van ‘n 18 voorgee mag speel en dames van 24. Spelers met ‘n amptelike voorgee by amptelike klubs, speel vanaf hulle amptelike voorgee. Daar sal ook naaste aan die pen pryse en gelukkige prystrekkings wees.Vir enige navrae kontak Neels Nel – 082 8054 335 of e-pos neels.nel0810@gmail.com.