NewsNews

73-jarige wreed vermoor

VANDERBIJLPARK. – Mev. Maria Adamson (73), inwoner van die Rynepark-kompleks in van Dyckstraat, SW5, is waarskynlik iewers deur die nag van 16 of 17 September (Saterdag/Sondag) in haar huis vermoor. Die verdagte het moontlik deur ‘n skuifdeur, agter die huis, onregmatige toegang tot haar woning verkry en die veiligheidshek oop forseer. Wyle mev. Adamson se liggaam is …

Die verdagte het moontlik deur ‘n skuifdeur, agter die huis, onregmatige toegang tot haar woning verkry en die veiligheidshek oop forseer.

Wyle mev. Adamson se liggaam is vol kneusplekke op haar bed gevind. Sy is vermoedelik ook verwurg.

Volgens inligting is kontant, ‘n Samsung selfoon en ‘n tablet gesteel.

‘n Saak van moord word deur die polisie ondersoek.

Enige persoon met meer inligting kan die Vanderbijlpark-polisie kontak.

 

Rynepark Kompleks. Foto: Jannie du Plessis

Rynepark Kompleks. Foto: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button