NewsNews

73-jarige wreed vermoor

VANDERBIJLPARK. – Mev. Maria Adamson (73), inwoner van die Rynepark-kompleks in van Dyckstraat, SW5, is waarskynlik iewers deur die nag van 16 of 17 September (Saterdag/Sondag) in haar huis vermoor. Die verdagte het moontlik deur ‘n skuifdeur, agter die huis, onregmatige toegang tot haar woning verkry en die veiligheidshek oop forseer. Wyle mev. Adamson se liggaam is …

Die verdagte het moontlik deur ‘n skuifdeur, agter die huis, onregmatige toegang tot haar woning verkry en die veiligheidshek oop forseer.

Wyle mev. Adamson se liggaam is vol kneusplekke op haar bed gevind. Sy is vermoedelik ook verwurg.

Volgens inligting is kontant, ‘n Samsung selfoon en ‘n tablet gesteel.

‘n Saak van moord word deur die polisie ondersoek.

Enige persoon met meer inligting kan die Vanderbijlpark-polisie kontak.

 

Rynepark Kompleks. Foto: Jannie du Plessis

Rynepark Kompleks. Foto: Jannie du Plessis

Related Articles

Back to top button