NewsNews

Fliek Vlooi: King Arthur: Legend of the Sword

Ek gee King Arthur 9/10. Dit bevat die tipiese Guy Ritchie aksietonele, maar speel af in ʼn heel ander tipe werklikheid as sy ander flieks. Foto: Film Music Reporter As jy van Guy Ritchie se flieks hou, dan moet jy die fliek, King Arthur: Legend of the Sword, kyk. Die fliek speel af in ʼn …

Foto: Film Music Reporter

Foto: Film Music Reporter

As jy van Guy Ritchie se flieks hou, dan moet jy die fliek, King Arthur: Legend of the Sword, kyk.

Die fliek speel af in ʼn fiktiewe tydperk in Brittanje toe towerkuns en reuse gediertes ʼnrealiteit was, en toe die veiligheid van die mensdom op die skouers van ʼn enkele koning gerus het. ʼn Koning met ʼn swaard wat spesiale kragte het, en wat net hy kan gebruik.. Die swaard is alombekend as Excalibur. Die koning van Brittanje, Uther (Eric Bana), word deur sy jonger, magsbehepte broer, Vortigern (Jude Law), verraai.

Vortigern gebruik die krag van ʼn demoniese ridder om die koning en koningin te vermoor, maar nie voor Arthur (Charlie Hunnam), die eintlike koning van Brittanje, op ’n bootjie wegseil nie. Na koning Uther se dood, word Excalibur in rots begrawe en kan dit slegs weer uitgehaal word deur die werklike koning van Brittanje. Arthur spandeer sy jong jare in die agterstrate van die stad waar hy deur prostitute grootgemaak is.

Min wetend dat hy die werklike koning van Brittanje is, is hy gereeld in die moeilikheid. Op ʼn dag bevind hy hom op Vortigern se voorstoep, besig om Excalibur uit die rots te trek. Hy besef toe dat dit sy plig is om sy plek te neem as koning en die koninkryk te red teen die bose Vortigern en die donker magte wat hom omring.

Ek gee King Arthur 9/10. Dit bevat die tipiese Guy Ritchie aksietonele, maar speel af in ʼn heel ander tipe werklikheid as sy ander flieks.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button