NewsNews

VF Plus: Minagting van raadsbesluite kan lei tot beurtkrag

Dit is omdat die munisipale bestuur raadsbesluite minag dat ons weer in ʼn elektrisiteitskrisis, soos in Desember 2016, gedompel is, sê Jeanie Hattingh, VF Plus-raadslid in die Moqhaka-plaaslike munisipaliteit (Kroonstad, Viljoenskroon, Steynsrus).   Volgens Hattingh het die munisipale raad reeds in Mei 2010 ʼn besluit geneem dat alle inkomstes uit elektrisiteitsverkope slegs vir betaling aan …

Dit is omdat die munisipale bestuur raadsbesluite minag dat ons weer in ʼn elektrisiteitskrisis, soos in Desember 2016, gedompel is, sê Jeanie Hattingh, VF Plus-raadslid in die Moqhaka-plaaslike munisipaliteit (Kroonstad, Viljoenskroon, Steynsrus).

 

Volgens Hattingh het die munisipale raad reeds in Mei 2010 ʼn besluit geneem dat alle inkomstes uit elektrisiteitsverkope slegs vir betaling aan Eskom aangewend mag word. 

 

“Dit het egter nie gebeur nie en dreig Eskom weereens om beurtkrag in die munisipaliteit toe te pas. 

 

“Die raad het ook in Januarie 2017 ʼn afbetalingsplan goedgekeur wat ʼn soortgelyke situasie soos wat in Desember 2016 weens die munisipaliteit se wanbetaling aan Eskom ontstaan het, te voorkom. Ook hierdie besluit is geminag deur die huidige munisipale bestuur en is die afbetalingsooreenkoms nie deur die munisipaliteit nagekom nie.

 

“Die VF Plus dring daarop aan dat die minagting van raadsbesluite oor die aanwending van inkomste uit elektrisiteitsverkope in ag geneem moet word tydens die munisipale openbare regeringskomitee se artikel 32 ondersoek in die verband. 

 

“Ons sal eis dat alle rente en boetes wat as gevolg daarvan opgeloop het as vrugtelose en verkwiste uitgawes geklassifiseer word en van die munisipale bestuurder as rekenpligtige amptenaar wat daarvoor verantwoordelik is persoonlik verhaal word.

 

“Eskom het Maandag amptelik kennis gegee dat beurtkrag vanaf 27 September geïmplementeer sal word weens nie-nakoming van die afbetalingsooreenkoms.  Moqhaka skuld meer R200 miljoen aan Eskom.

 

“As die munisipale bestuurder, as rekenpligtige amptenaar van die munisipaliteit, die raadsbesluit toegepas het, sou die munisipaliteit nie nou soveel aan Eskom geskuld het nie en sou ons nie in hierdie situasie gewees het waar Eskom dreig om die munisipaliteit se elektrisiteit af te sny nie. 

 

“Die gemeenskap van Moqhaka moet nou weereens onder die ANC-regering se onbevoegdheid ly,” sê Hattingh.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button