Meld hondevergiftiging by polisie aan

Die polisie doen ’n beroep op inwoners om dit by die polisie aan te meld wanneer hulle honde vergiftig word. Illustration photo Die polisie doen ’n beroep op inwoners om dit by die polisie aan te meld wanneer hulle honde vergiftig word. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die polisie bewus geword van sake wat …

police,saps

Illustration photo

Die polisie doen ’n beroep op inwoners om dit by die polisie aan te meld wanneer hulle honde vergiftig word.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die polisie bewus geword van sake wat nie aangemeld is nie.
“Dit is ’n probleem omdat wanneer honde vergiftig word, daar ’n sterk moontlikheid is dat skelms beplan om in te breek,” het hy gesê.
Volgens hom is dit nie noodwendig so dat hulle dieselfde aand nog wil inbreek nie, maar kan hulle dit so beplan dat die inbraak eers ’n week later plaasvind.
“Ons moet dit ondersoek, maar het nodig dat die gemeenskap die sake aanmeld. Sodoende kan ons dalk verdagtes opspoor deur te kyk na watter tipe gif gebruik word. Al word niks gesteel nie, moet mense dit steeds aanmeld,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button