Entertainment

Musiekuitvoering in Vredefort ’n moet

Uitvoerings van klassieke musiek in die NG Kerk Vredefort, georganiseer deur die Koepel Kunstesentrum, het al tradisie geword. By die laaste twee konserte is die Mozart Requiem (Maart 2017) en ’n program van werke van Heinrich Schütz (Augustus 2017) tot gehoor gebring. By die volgende geleentheid op Sondagoggend 29 Oktober, lei die bekende barok-violiste, Antoinette …

Uitvoerings van klassieke musiek in die NG Kerk Vredefort, georganiseer deur die Koepel Kunstesentrum, het al tradisie geword. By die laaste twee konserte is die Mozart Requiem (Maart 2017) en ’n program van werke van Heinrich Schütz (Augustus 2017) tot gehoor gebring.
By die volgende geleentheid op Sondagoggend 29 Oktober, lei die bekende barok-violiste, Antoinette Lohmann van Amsterdam, ’n  ensemble van barokinstrumente en ’n  kwartet van vier sangsoliste in ’n  uitvoering van kantates van Johann Sebastian Bach.  Hierdie liturgiese werke, wat Bach vir die kerkdiens as deel van die uitvoering van sy pligte as kerkmusikus moes komponeer, is klein musiekjuwele wat selde gehoor word.
Drie van die meer as 200 kantates vir koor en orkes sal uitgevoer word, afgewissel met werke vir viool solo en continuo.
Antoinette Lohmann is ’n  deskundige op die gebied van historiese uitvoeringspraktyk. Sy is direkteur van die afdelings Vroeë Musiek aan die konservatoria van beide Amsterdam en Utrecht, en is ’n  bekende konsertsoliste in Europa.
Besonderhede sal binnekort in die pers en op plaaslike radiostasies bekendgemaak word.  Mense wat wil help met kaartjieverkope kan die organiseerder, Gerhard Benade (Koepel Kunstesentrum) by 083 280 9784 skakel. Verkopers verdien vir elke tien verkoopte kaartjies een gratis kaartjie. Hierdie uitvoering sal, soos die vorige konserte, ‘n musiekgebeurtenis van hoogstaande gehalte wees.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button