NewsNews

Goeie toneel vanjaar by Aardklop

  Daar kan uitgesien word na goeie toneel by Aardklop wat van 4 tot 9 Oktober 2016 plaasvind. Een van die toneelstukke is Pa. Dit bied insae in die wêreld van `n man met erge demensie/Alzheimer se siekte. André is trots, sjarmant, intelligent en aspris, en stukkie vir stukkie sien ons hoe sy herinneringe vervaag …

 

Daar kan uitgesien word na goeie toneel by Aardklop wat van 4 tot 9 Oktober 2016 plaasvind.
Een van die toneelstukke is Pa. Dit bied insae in die wêreld van `n man met erge demensie/Alzheimer se siekte. André is trots, sjarmant, intelligent en aspris, en stukkie vir stukkie sien ons hoe sy herinneringe vervaag en hoe alles wat hom uitsonderlik maak, stadig kwyn.
Beurtkrag met die bekende Ivan Botha en Donnalee Roberts is ‘n verhoudingsdrama wat handel oor die kwesbaarheid tussen geliefdes.
‘n Kragonderbreking dwing die twee weg van tegnologie en nader aan mekaar. Die perfekte verhouding word onder ‘n vergrootglas geplaas.
So ry Miss Daisy: Die Afrikaanse première van die Pulitzer-bekroonde drama Driving Miss Daisy. Die bejaarde Daisy is aanvanklik onwillig wanneer haar seun ’n chauffeur, genaamd Hoke, aanstel om met haar rond te ry nadat sy haar motor afskryf.
Hoke en Daisy se reis duur uiteindelik 25 jaar en hul vreemde verhouding boei ten spyte van destydse kleurgrense en sosiale stand. Sandra Prinsloo en John Kani is hierin te sien.
Ook te siene is Welkom in Suid-Afrika, Mamre, Hond se gedagte, Die vrou uit die see, Amper, Vrystaat, Bacchus in Hillbrow en vele meer.
En vir jou kleintjie se vermaak kan jy hom/haar neem om Gertjie die brandweer-ertjie te sien. Gertjie is ‘n grasgroen ertjie met ‘n groot droom. Hy wil ‘n brandweerman word. Die ander ertjies dink hy is nie lekker nie, maar Gertjie glo vas sy droom kan waar word. Nou moet hy net sorg dat hy nie geëet word voordat hy sy doel bereik nie.
Liewe Heksie en die rolskaatse, Gretha Pers en In die Land van Kammalielie is ook daar te siene.
Vir die komedie afdeling is daar Ooms, deur Tobie Cronjé en Gerben Kamper.  Hulle is twee knorrige Ooms wat tot hul spyt saam in ’n ouetehuis beland.  Hierdie is egter nie ‘n gewone ouetehuis nie – eerder ‘n soort verbeteringskool vir skatryk oues wat lastig geword het of uit ander instansies geskors is.  Al manier hoe jy ‘vrywillig’ hier uitkom, is in ‘n doodskis. Hierdie ooms sal nét mandjies vleg en tolletjiebrei as dit deel uitmaak van ‘n indrukwekkende ontsnappingsplan! Die Ooms is slim, snaaks en klaargepraat.  Nog lekker lag produksies is Skerpskerts Comedy Festival, PAY BACK the CURRY, #dowwedolla en Net ‘n chilli burger en chips asseblief!
Local is lekker
Die Beef Boys Cachet Kleinteater word vanjaar uitsluitlik gebruik om plaaslike kunstenaars die geleentheid te bied om met hul talent te spog.
Wees gereed vir ‘n verskeidenheid van toneelstukke en musiekvertonings wat beloof om te vermaak en verras.
Die boekeprogram wil graag aan alle boekliefhebbers presies dit bied wat die naam suggereer – ‘n oase waarna jy kan ontsnap waar boeke, skrywers en lesers bymekaarkom.
Daar is verskeie genres betrek en is ‘n gebalanseerde program.
Daar sal vurige gesprekke oor aktuele sake, van die beste misdaadskrywers wat saamgesels,kookboekskrywers, sessies oor liefdesromans, digters wat hul bundels bekendstel en ‘n kuier met digters wat kopknik vir een van die groot bome wat geval het, Adam Small.
Feesgangers kan ook uitsien na verskeie kunsuitstallings.
Kunssafari vir kinders
Die Aardklop Kunstefees 2016 is ‘n geleentheid om kinders en tieners bloot te stel aan die kunste in die algemeen en om ‘n liefde en waardering vir spesifiek die visuele kunste te kweek.
* Kaartjieverkope vir produksies is oop en is beskikbaar deur Computicket (pryse kan verskil).
Die weekkaartjies is slegs beskikbaar by Aardklop se kantore in Molenstraat 69 en kan vanaf Maandag, 8 Augustus daar gekoop word. Koop nou reeds jou kaartjies vir die vertonings wat jy wil sien! Maak ook seker dat jy die hele gesin Aardklop toe bring.

Related Articles

Back to top button