NewsNews

Nuwe boom bied hoop vir Eikelaan

Te danke aan onder meer Erfenis Potchefstroom Heritage, die Potch-Tlokwe Sakekamer en die munisipaliteit is daar nou weer hoop vir die Eikelaan. Die eerste nuwe eikeboom, as deel van ’n reddingspoging van die historiese Eikelaan in Potchefstroom, is op 1 September voor die Akker Koffiehuis op die Bult geplant. Te danke aan onder meer Erfenis …

Die eerste nuwe eikeboom, as deel van ’n reddingspoging van die historiese Eikelaan in Potchefstroom, is op 1 September voor die Akker Koffiehuis op die Bult geplant.

Te danke aan onder meer Erfenis Potchefstroom Heritage, die Potch-Tlokwe Sakekamer en die munisipaliteit is daar nou weer hoop vir die Eikelaan.

Elmien Viljoen van Suikerbekkie kleuterskool het onderneem om dié boom onder hul sorg te neem en water te gee. Die kleuters van Suikerbekkie was teenwoordig toe die boom geplant is en het hul liefde en waardering vir bome duidelik gemaak deur bordjies op te hou en hoede vol blare te dra.

Twintig jong eikebome is deur die munisipaliteit aangekoop en die Eikelaan komitee poog om nóg 20 aan te koop om die dooie bome in die laan te vervang.

Bydraes van besighede en individue word gevra om die oorblywende bome aan te koop, te plant en te omhein.
Meer as R30 000 is al vir die projek ingesamel, maar daar word nog skenkings benodig om hul doel te bereik, sê Lennie Gouws, voorsitter van die Erfenis Potchefstroom Heritage.

Skenkings kan gemaak word in die vorm van bankinbetalings by Heritage Potchefstroom Erfenis, ABSA, 680 790 582, met verwysing “EIKE” en die skenker se van of besigheid.

Vir meer inligting skakel Gouws by 083 423 0394 of André de Villiers (ondervoorsitter Potch-Tlokwe Sakekamer) by 082 824 2617.

Related Articles

Back to top button