NewsNews

Tref-en-trap: Het jy dit gesien?

Op Vrydag 1 September om ongeveer 19:00 is ’n  voetganger raakgery naby die h/v Noorder- en Kortstraat. Die bestuurder van die voertuig het nie stilgehou nie, en ook nie die ongeluk aangemeld nie. Die voetganger is later in die hospitaal oorlede en is nog nie uitgeken nie. Indien daar enige persoon is wat iemand as …

Op Vrydag 1 September om ongeveer 19:00 is ’n  voetganger raakgery naby die h/v Noorder- en Kortstraat. Die bestuurder van die voertuig het nie stilgehou nie, en ook nie die ongeluk aangemeld nie.
Die voetganger is later in die hospitaal oorlede en is nog nie uitgeken nie.
Indien daar enige persoon is wat iemand as vermis aangemeld het in die tydperk, of wat ooggetuie was van die voorval, of kan help om die motorbestuurder te identifiseer, skakel asseblief baie dringend speur adjudant-offsier Brian Jansen van Rensburg by 082 554 3041 of 083 518 9270.
Dele van die voertuig is op die toneel opgetel. Die voertuig sal skade vooraan die voertuig hê. Alle inligting wat ontvang word, sal as anoniem hanteer word indien so verkies.
Volgens ooggetuies wat op die toneel afgekom het, was daar ook ’n ander voertuig wat ná die ongeluk op die toneel opgedaag het en items van die toneel verwyder, en toe die toneel verlaat het.
Die verwydering van enige bewysstukke op ’n  toneel is ’n  misdryf opsigself.
Die polisie volg tans alle leidrade op en ’n goeie beskrywing is gekry van die persone sowel as die voertuig waarmee hulle gery het.

Related Articles

Back to top button