NewsNews

Moord word ondersoek na hoewe-aanval slagoffer sterf

Die bejaarde roofslagoffer wat saam met sy vrou met kookwater, warm olie en gesmelte plastiek gemartel is, is Sondagoggend oorlede. Die bejaarde roofslagoffer wat saam met sy vrou met kookwater, warm olie en gesmelte plastiek gemartel is, is Sondagoggend oorlede. Die aanval het 17 Augustus omstreeks 07:30 op ’n kleinhoewe in die Haaskraal omgewing plaasgevind. …

Die bejaarde roofslagoffer wat saam met sy vrou met kookwater, warm olie en gesmelte plastiek gemartel is, is Sondagoggend oorlede.
Die aanval het 17 Augustus omstreeks 07:30 op ’n kleinhoewe in die Haaskraal omgewing plaasgevind.
Vic Cooks (75) en sy vrou Gwen is deur twee verdagtes gemartel nadat hulle geld en vuurwapens geëis het.
Die Herald het na die voorval berig dat die egpaar erg aangerand is.
Cyril Cooks, die egpaar se seun, sê sy pa is oorlede na komplikasies van die beserings wat hy tydens die aanval opgedoen het.
“Hy het darem stil en vinnig gegaan. Die dokters het ons so 05:00 Sondagoggend laat weet dinge lyk nie goed nie en teen 06:30 was hy weg,” het Cyril gesê.
Volgens hom het sy pa breinskade opgedoen. “Ons vermoed dat sy organe maar begin ingee het. Dit is maar moeilik, gelukkig hanteer my ma dit nog goed,” het hy gesê.
Volgens hom sal sy pa veras word, maar dat daar nog geen finale reëlings rondom die diens is nie.
“Ons wag dat die nadoodse ondersoek afgehandel word,” het hy gesê.
Kapt. Mvula Chaka Polisie woordvoerder het bevestig dat ’n saak van moord word nou ondersoek, bo en behalwe ‘n saak van huisroof.
Twee verdagtes is kort na die huisroof ondervra, maar is intussen laat gaan omdat hulle nog nie met die misdaad verbind kan word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button