NewsNews

Twee kry 8 jaar vir veediefstal

Twee mans is op 30 Augustus in die streekhof in Parys elk tot 8 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die diefstal van beeste op die plaas Palmietkuil van mnr. Barry Steenkamp in Desember 2015. Landdros Visagie het Johannes Lumka en Willie Sipho Nopheche, albei van Vredefort, elk 8 jaar gevangenisstraf opgelê nadat hulle skuldig bevind is …

Twee mans is op 30 Augustus in die streekhof in Parys elk tot 8 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die diefstal van beeste op die plaas Palmietkuil van mnr. Barry Steenkamp in Desember 2015.
Landdros Visagie het Johannes Lumka en Willie Sipho Nopheche, albei van Vredefort, elk 8 jaar gevangenisstraf opgelê nadat hulle skuldig bevind is aan die diefstal van 5 van die 13  beeste, wat teruggevind is. Beide was reeds ’n jaar en 8 maande in aanhouding. Jerry Ngoe het vir die staat aangekla, en die ondersoekbeampte was a.o. Moses Nhlapo.
Enigeen wat inligting het rakende veediefstal of enige verdagte bewegings waar veediefstal vermoed word, word gevra om sonder versuim die Heilbronse Veediefstaleenheid te skakel by (058) 8535 242

CSS, Crime ad

Related Articles

Back to top button