NewsNews

Só wil VVA bejaardes help

Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) het die behoeftes van bejaardes in die Parys-gemeenskap raakgesien. Daarom wil die organisasie graag ’n  verskil maak en dié spesifieke behoeftes van ons bejaardes aanspreek. Mense bo 65 jaar kan op 21 September om 10:00 by die VVA-kantore in Buitenstraat 18, Parys, ’n koppie tee kom geniet en saamgesels oor …

Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) het die behoeftes van bejaardes in die Parys-gemeenskap raakgesien. Daarom wil die organisasie graag ’n  verskil maak en dié spesifieke behoeftes van ons bejaardes aanspreek.
Mense bo 65 jaar kan op 21 September om 10:00 by die VVA-kantore in Buitenstraat 18, Parys, ’n koppie tee kom geniet en saamgesels oor watter spesifieke behoeftes bejaardes het.
Dienste wat VVA graag wil bied sluit in:
· Vervoer · Sosiale klub soos kaart, fliek ensovoorts
· Maatskaplike dienste  · Uitstappies
Onder koördinering van die VVA gemeenskap koördineerder, Sanette Boonzaier, vrywilligers en professionele persone, wil VVA juis dienste ook vir persone wat nie in aftreeoorde is nie, begin lewer indien die vraag groot genoeg is. Dit sluit in:
· Tuisverpleging · Vervoer na dorp en Sondae na kerke
· Etes wat tuis afgelewer word
· Koördinering van tuinhulpe en huiswerkers
· Uithuur van mediese hulpmiddels
· Haarkapper
· Tuisversorging van naels en masserings
· Neem van bloeddruk en suiker
Help VVA om vas te stel wat ons bejaardes nodig het, en kom besoek die organisasie op die dag. Vir meer inligting skakel (056) 811 2971 of 072 324 0603

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button