NewsNews

Om iets vir iemand te doen – dit is wat vreugde gee

Vir maande lank kan die selle by die Parys-polisiestasie nie gebruik word om verdagtes aan te hou nie, omdat die selle eenvoudig té verwaarloos was. Dit was vuil, ligte het nie gewerk nie, deure kon nie behoorlik sluit nie, en so word die lysie langer. Die papierwerk is gedoen om Openbare Werke wie se verantwoordelikheid …

Vir maande lank kan die selle by die Parys-polisiestasie nie gebruik word om verdagtes aan te hou nie, omdat die selle eenvoudig té verwaarloos was. Dit was vuil, ligte het nie gewerk nie, deure kon nie behoorlik sluit nie, en so word die lysie langer. Die papierwerk is gedoen om Openbare Werke wie se verantwoordelikheid die polisieselle is, te vra om die herstelwerk en opknappingswerk te doen. Maar om die werk gedoen te kry, sou nie oornag gebeur nie.
So is daar gereeld by Gemeenskap Polisiëring Forum vergaderings gepraat oor die toestand van die polisieselle, maar het praat geen antwoorde gebring nie. Dis net hier waar Sakkie Gelderblom, sektorbevelvoerder vir die Parys GPF, besluit het – genoeg van terugsit. Hy en twee werkers het eiehandig en op sy eie onkoste die daad by die woord gevoeg en verlede week begin om die polisieselle te verf. Boonop het hy ook die sweis- en herstelwerk wat hy kon, gedoen om die selle weer bruikbaar te maak.
Sakkie is iemand wat glo dat jy ’n ding vat wat oor jou pad kom en hom doen, want hy hou van uitdagings.
Die lekker is wanneer jy die projek klaargemaak het, gesels hy. “Ek moet aan die gang bly, want om iets vir iemand te doen is genoeg beloning,”
“As jy positief kan opstaan, is jou dag, jou week, jou jaar positief. Ons praat almal van wat ons wil doen en kla oor wat nie gedoen is nie, maar min van ons is bereid om moue op te rol en inisiatief te neem,” sê hy. Sy grootste begeerte is om te help met die bevordering van toerisme in die dorp. Só het hy lankal die behoefte aan vullisdromme en kersliggies in die dorp raakgesien, en is dit waarop hy nou sy oog het om ’n  verskil te maak. En ’n verskil maak hy verseker!
Daarvan getuig die Ster van Suid-Afrika toekenning wat hy tien jaar gelede ontvang het nadat hy deur Solidariteit vir die toekenning benoem is vir sy betrokkenheid by verskeie organisasies waaronder die SAPS Bike Squad, die Bloeddiens en ’n weeshuis. Sy vrou Yvonne is net so betrokke soos hy in die gemeenskap en waar hulle kan help, help hulle. “Inwoners is self ook te blameer vir die dorp se verval,” sê Sakkie. Met soveel kundige mense in die dorp, is dit moontlik om ’n   verskil te maak – al wat nodig is, is ’n  positiewe ingesteldheid en die wil om iets te doen

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button