NewsNews

Juwelierswinkel rowers nog steeds soek

Daar word steeds gesoek na die vier gewapende mans wat American Swiss ’n week gelede van juweliersware, kontant en selfone helder oordag hier beroof het. Die mans het net na 09:00 die Sondag die winkel ingestap en die twee winkelassistente met kabelbinders vasgebind in die kantoor. Hulle het die sleutels ge-eis en toe hulself gehelp …

Daar word steeds gesoek na die vier gewapende mans wat American Swiss ’n week gelede van juweliersware, kontant en selfone helder oordag hier beroof het.
Die mans het net na 09:00 die Sondag die winkel ingestap en die twee winkelassistente met kabelbinders vasgebind in die kantoor. Hulle het die sleutels ge-eis en toe hulself gehelp uit die vertoonkaste. Die mans is daar weg sonder dat enige onraad vermoed is by die gewoonlik besige inkopiesentrum. Een van die winkelassistente het self daarin geslaag om los te kom en hulp te ontbied.
Naas die roof by American Swiss voorverlede Sondag, het swendelaars ook die afgelope week weer met ’n  ou slenter ’n  huiseienaar in Boomstraat beroof.
Drie vroue wat hul voorgedoen het as agente het die huishulp gevra om na die huis te kyk wat in die mark is. Kort voor lank was die drie “agente” fort met onder meer ’n selfoon, tablet en trouring.
Dieselfde modus operandi is al verskeie kere in Parys gebruik waar skelms hul voordoen as huiskopers veral waar te koop borde voor ’n  huis staan. Terwyl van hulle dan kwansuis die huis besigtig, vra een om badkamer toe te gaan. As jy jou oë uitvee is hulle weg met waardevolle items uit jou huis wat dikwels nie weggesluit was nie. Nog ’n  nuwe slenter is mense wat sakelui wat lugtyd verkoop, hoogs in die nood bel en vra dat hulle gou vir hulle lugtyd pinnommers sms vir ’n bepaalde bedrag. Hulle kom betaal sodra hulle in die dorp is. Nodeloos om te sê dis die laaste sien van die blikkantien.
Goeie nuus oor die vlaag van bankkaartdiefstal in die dorp, is dat die polisie verlede week ’n  persoon gearresteer en aangekla het vir diefstal van vermoedelik gesteelde eiendom. Bankkaarte van kliënte in Parys, Sasolburg en Vanderbijlpark is in sy besit gekry.
Wees te alle tye waaksaam wie jy in jou huis toelaat en sorg dat mense in jou diens en jou kinders weet as jy iemand by die huis verwag vir watter rede ookal. Vra dat hulle jou eers skakel en seker maak jy weet van die “besoekers” alvorens hulle hul inlaat. Moet nooit hulp by ’n  kitsbank aanvaar nie of toelaat dat iemand jou aandag aftrek nie. Wees ook versigtig om na-ure of terwyl jy alleen by die kitsbank is, die masjien te gebruik.
Gaan verkieslik in besige tye wanneer daar ander kliënte ook in die ry staan. Moet  nie jou pinnommer met jou saamdra nie. As jy onraad vermoed, kanselleer die transaksie en laat weet jou tak as jy dink daar is gepeuter.

 

CSS, Crime ad

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button