NewsNews

Sopkombuis praat oor gevare van dwelmgebruik

Vrystaat Versorging in Aksie het op 23 Augustus die geleentheid gebruik om tydens die organisasie se daaglikse sopkombuis, ook inligting deur te gee oor die tekens en gevare van dwelmmisbruik. Die byeenkoms is in Sotho aangebied deur ’n VVA hulpwerker, Emily  (foto), wie nou saamwerk met die VVA maatskaplike werker wat die alkohol- en dwelmprogram …

Vrystaat Versorging in Aksie het op 23 Augustus die geleentheid gebruik om tydens die organisasie se daaglikse sopkombuis, ook inligting deur te gee oor die tekens en gevare van dwelmmisbruik.
Die byeenkoms is in Sotho aangebied deur ’n VVA hulpwerker, Emily  (foto), wie nou saamwerk met die VVA maatskaplike werker wat die alkohol- en dwelmprogram hanteer.
Dwelmgebruik groei daagliks nie net regoor die land nie, maar is ’n wêreldwye probleem wat skrikwekkende afmetings aanneem en al talle slagoffers ge-eis het.
Daar is tydens die byeenkoms gefokus op die gevare van dwelmmisbruik en is dit toegelig met foto’s van slagoffers, voor en na gebruik. Mense kon ook deelneem aan die gesprek en hul eie ervarings oor die onderwerp deel.
Gedurende kleiner groepbesprekings op Vrydagoggende word daar aandag gegee aan
die kenmerke en simptome van gebruik van die onderskeie dwelmmiddels waaronder “Nyaope” ook bekend as Wunga/whoonqa (‘n
vermenging van dagga, heroïen, anti-retrovirale medikasie, rottegif ensovoorts)
“In Parys en omgewing is dwelmgebruik alreeds  ’n  werklikheid met handelaars wat oral bedrywig is. Die gebruik van dwelms kan  dikwels lei tot misdaad, wat uiteindelik kan lei tot gevangenisskap.”
“Ons kan nooit genoeg waarsku, nooit genoeg inligting gee nie, en nooit ophou om te help nie. Hierin speel VVA ’n  groot rol om afhanklikheid – hetsy dit van alkohol, dwelms, voorgeskrewe medikasie of oor die toonbank middels is, te bekamp,” sê VVA.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button