NewsNews

Voorreg en verantwoordelikhede van Alzheimer-versorging

Die vooreg en verantwoordelikhede van versorgers van Alzheimer pasiënte. Dit is die tema van ’n  gratis werkswinkel oor Alzheimer se Siekte en ondersteuning van versorgers wat in Parys gehou word op 21 September van 09:30 tot 12:00 by die Wynn Dedwith-saal, Sally Martin Park. Die werkswinkel word aangebied deur die Alzheimer Ondersteuningsgroep van Parys in …

Die vooreg en verantwoordelikhede van versorgers van Alzheimer pasiënte. Dit is die tema van ’n  gratis werkswinkel oor Alzheimer se Siekte en ondersteuning van versorgers wat in Parys gehou word op 21 September van 09:30 tot 12:00 by die Wynn Dedwith-saal, Sally Martin Park.
Die werkswinkel word aangebied deur die Alzheimer Ondersteuningsgroep van Parys in samewerking met maatskaplike dienste van Sally Martin Park.
Veral familieversorgers van Alzheimer pasiënte en grondvlak versorgers van Alzheimer pasiënte in inrigtings sal baie baatvind by die werkswinkel.
Elsa Labuschagne sal onder meer praat oor die voorreg om ’n Alzheimer pasiënt te versorg, waarna Lynette Kriel die fokus sal plaas op die verantwoordelikhede van ’n  Alzheimer versorger. Sandra Wessels sal meer inligting gee oor verdere beplanning vir ondersteuning van familielede. Sandra is maatskaplike werker by Sally Martin Park.
Kom deel in hierdie geleentheid waar ook waardering gewys sal word teenoor alle versorgers – hetsy tuis of in inrigtings.
Almal wat enigsins belang het by Alzheimers is baie welkom om by te woon.
Onthou om iemand te versorg met Alzheimer se Siekte, vra baie – dit kan oorweldigend en uitputtend wees, en selfs spanningvol.
Kyk ook na jou eie gesondheid as versorger. Besoek jou dokter gereeld, rus baie, eet gesond en gebalanseerd, oefen gereeld en laat jou ondersoek vir spanning en depressie.
Dit gebeur dikwels dat versorgers hulle onttrek van die samelewing. Vereensaam sonder sosiale kontak weens die eise van versorging wat aan jou gestel word.
Bly in kontak met jou vriende, vra hulp en breek soms weg vir ’n ruskans. Moenie die waarde van ’n  ondersteuningsgroep onderskat nie. Mense wat dieselfde uitdagings en probleme as jy ervaar, kan vir jou van groot waarde wees.
Parys het ’n Alzheimer ondersteuningsgroep. Skakel Marietjie Oehley by 084 289 4023 om in te skakel.
As jy met demensie gediagnoseer is, is daar dinge wat jy kan doen om jou lewe makliker en aangenamer te maak in die toekoms. Die webwerf www.alzheimers.org.za gee die volgende wenke
1. Bespreek bedaard toekomsplanne.
2. Kry jou eie sake in orde,
3. Kyk na jou gesondheid
4. Geniet die lewe
Die belangrikste is om te onthou dat jy nie moet bang wees om vrae te stel of te sê as jy nie verstaan het nie, of vergeet het wat gesê is.
Bedink planne om jou geheue te help soos om nommers by die telefoon neer te skryf, etikette op kasdeure te plak, notas te skryf wat jou aan take herinner en dinge wat jy dikwels gebruik op opsigtelike plekke te sit.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button