NewsNews

Onskuldige kind dood tydens Sicelo-protesaksie

MEYERTON. – Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het vanoggend op hul Facebook-blad hul innige meegevoel gedeel met die gesin wie se kind dood is tydens die chaos wat deur inwoners van Sicelo veroorsaak word. ‘n Gesin van Sicelo is in rou gedompel na die dood van hul kind. Inwoners van Sicelo het die afgelope twee dae …

‘n Gesin van Sicelo is in rou gedompel na die dood van hul kind.

Inwoners van Sicelo het die afgelope twee dae die R59 met klippe en brandende bande versper met die hoop om terugvoering van LUR Paul Mashatile te ontvang oor die grond wat aan hul beloof is.

Ons veroordeel die huidige protesaksie aangesien dit gewelddadig is en kriminele meer skade veroorsaak en nou ook die verlies van ‘n onskuldige lewe. Betogers het geen reg om eiendom te beskadig of lede van die gemeenskap te intimideer nie. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Openbare Orde Polisiëring word dringend versoek om op te tree,” lui die persverklaring.

Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het egter begroot om Sicelo op te gradeer, maar kon nog nie voortgaan met die implimentering van die verbeteringe nie.

Dit het ook aan die lig gekom dat buitelandse burgers aan die voorpunt is met die protesaksie.

“Hierdie selfverkose gemeenskapsleiers kan nie aanspraak maak om die gemeenskap te verteenwoordig as hul optrede lei tot die verlies van onskuldige lewens, intimidasie en misdaad nie.”

Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit vra die inwoners van Sicelo om saam te staan teen die selfverkose gemeenskapsleiers wat nie wettiglik aangestel is en ook nie die behoeftes van die gemeenskap van Sicelo in ag neem nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button