NewsNews

Skenk bloed hierdie lente

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 12 September by die Hervormde Kerksaal vanaf 13:00 tot19:00. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel. Daar wag ’n  lente verrassing vir elke bloedskenker. September is tradisioneel ʼn moeilike tyd vir die SANBD …

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 12 September by die Hervormde Kerksaal vanaf 13:00 tot19:00. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel. Daar wag ’n  lente verrassing vir elke bloedskenker.
September is tradisioneel ʼn moeilike tyd vir die SANBD weens die rekord-eksamens. Daar is dikwels nie genoeg bloedskenkklinieke by maatskappye om die gapings van die afwesigheid van bloedskenkklinieke by skole en tersiêre instellings te vul nie.
Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.
Om ʼn bloedskenker te word moet jy:
•Tussen die ouderdom van 16-65 wees
•Meer as 50kg weeg
•Iets voor jou skenking eet
•ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
•Gesond wees op die dag van skenking
Alle bloedgroepe is baie belangrik vir ons, maar ons het spesifiek Groep O negatief nodig omdat hierdie bloedgroep verenigbaar is met al die ander bloedgroepe en is dus baie spesiaal vir ons, en diegene wat ‘n dringende behoefte aan bloed het, sê die Bloediens.
Help om ʼn bloedtekort te voorkom deur bloedskenking te ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button