NewsNews

Leraar vir Koppies-Weltevrede

Die NG-Kerk Koppies-Weltevrede het ’n nuwe predikant. Ds Bernard Barnard is op 3 September bevestig in sy eerste gemeente. Hy is gebore in Pretoria in 1991, en het in 2009 by Hoërskool Eldoraigne gematrikuleer. Hy het by Tukkies Teologie studeer en het in 2014 sy BTh verwerf, gevolg deur sy MDiv in 2016. Die afsterwe …

Die NG-Kerk Koppies-Weltevrede het ’n nuwe predikant. Ds Bernard Barnard is op 3 September bevestig in sy eerste gemeente.
Hy is gebore in Pretoria in 1991, en het in 2009 by Hoërskool Eldoraigne gematrikuleer. Hy het by Tukkies Teologie studeer en het in 2014 sy BTh verwerf, gevolg deur sy MDiv in 2016.
Die afsterwe van die gemeente se vorige leraar, ds Etienne Maritz in Desember 2016, het die Koppies-Weltevrede gemeente, sonder ’n  vaste predikant gelaat.
Bernard is getroud met Tasja. Sy het aan die Hoërskool Centurion gematrikuleer, en toe by Kovsies gestudeer vir BSc genetika. Sy het ook die graad MBChB by Tukkies verwerf, en sal vanaf November 2017 ’n volwaardige mediese praktisyn wees.
Die predikants-egpaar sien daarna uit om in die gemeente en daarbuite te arbei, en sê hulle hul beskou dit as ’n  groot voorreg om met elkeen wat hulle pad mag kruis, verhoudings te bou en saam te soek na die wil van die Here.

Related Articles

Back to top button