Koue hou hengelaars weg van die viswater

Ten spyte van ysige en mistige weer het ’n  paar hengelaars van die Mimosa-hengelklub tog kans gesien om die hengelwater by Koppies te gaan toets vir hul maandelikse kompetisie. Kobus Kriek was die manswenner vir die dag. Geen poelvis is gevang nie. Vangste in die omgewing van Parys was ook baie wisselvallig as gevolg van …

Ten spyte van ysige en mistige weer het ’n  paar hengelaars van die Mimosa-hengelklub tog kans gesien om die hengelwater by Koppies te gaan toets vir hul maandelikse kompetisie.
Kobus Kriek was die manswenner vir die dag. Geen poelvis is gevang nie.
Vangste in die omgewing van Parys was ook baie wisselvallig as gevolg van die koue, hoewel daar tog berigte van groot karp en geelvis ontvang is, sê die klub. Omdat daar twee kompetisies vir September geskeduleer is, sal die eerste kompetisie gehou word op 9 September by Koppies-dam aan sone-kant. Die tweede kompetisie vind plaas op 23 September by Koppies Natuurbewaringskant.  Hengelaars kom binne die hek bymekaar om 06:00. Hengeltyd is van 07:00 tot 15:00.
Die maandelikse braai sal gehou word op Woensdag 13 September by die Mimosa-klubgronde. Alle klublede is baie welkom. Belangstellendes wat by dié sosiale hengelklub wil aansluit kan Kobus skakel by 082 878 2579, of Veronica by 072 631 1133.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button