Koue hou hengelaars weg van die viswater

Ten spyte van ysige en mistige weer het ’n  paar hengelaars van die Mimosa-hengelklub tog kans gesien om die hengelwater by Koppies te gaan toets vir hul maandelikse kompetisie. Kobus Kriek was die manswenner vir die dag. Geen poelvis is gevang nie. Vangste in die omgewing van Parys was ook baie wisselvallig as gevolg van …

Ten spyte van ysige en mistige weer het ’n  paar hengelaars van die Mimosa-hengelklub tog kans gesien om die hengelwater by Koppies te gaan toets vir hul maandelikse kompetisie.
Kobus Kriek was die manswenner vir die dag. Geen poelvis is gevang nie.
Vangste in die omgewing van Parys was ook baie wisselvallig as gevolg van die koue, hoewel daar tog berigte van groot karp en geelvis ontvang is, sê die klub. Omdat daar twee kompetisies vir September geskeduleer is, sal die eerste kompetisie gehou word op 9 September by Koppies-dam aan sone-kant. Die tweede kompetisie vind plaas op 23 September by Koppies Natuurbewaringskant.  Hengelaars kom binne die hek bymekaar om 06:00. Hengeltyd is van 07:00 tot 15:00.
Die maandelikse braai sal gehou word op Woensdag 13 September by die Mimosa-klubgronde. Alle klublede is baie welkom. Belangstellendes wat by dié sosiale hengelklub wil aansluit kan Kobus skakel by 082 878 2579, of Veronica by 072 631 1133.

Related Articles

Back to top button