NewsNews

Keer nou dat jou hond iemand byt

In die afgelope twee maande is vyf gevalle aangemeld waar mense in Potchefstroom deur honde gebyt is. Volgens PAWS (Potchefstroom Animal Welfare Society) inspekteur, Soné Engelbrecht, is dié gevalle besig om toe te neem. Dit is nie net groot honde wat mense byt nie. Foto: Eric Isselée/iStock/Getty Images In die afgelope twee maande is vyf …

Dit is nie net groot honde wat mense byt nie. Foto: Eric Isselée/iStock/Getty Images

Dit is nie net groot honde wat mense byt nie. Foto: Eric Isselée/iStock/Getty Images

In die afgelope twee maande is vyf gevalle aangemeld waar mense in Potchefstroom deur honde gebyt is.
Volgens PAWS (Potchefstroom Animal Welfare Society) inspekteur, Soné Engelbrecht, is dié gevalle besig om toe te neem.

“Mense moet meer versigtig wees en hul honde binne hul erf hou,” sê sy. “As ’n hond iemand buite die erf byt, gaan die eienaar die nagevolge daarvan dra.” Engelbrecht sê by al vyf die gevalle het die honde op een of ander manier uit die erf gekom en iemand op straat gebyt of probeer byt.

Nie al hierdie honde was groot rasse nie en van hulle was ook nie aggressief van aard nie, selfs eerder liefdevol en vriendelik.
“Dit gebeur egter dat ’n hond deur ’n heining getart word. Sodra die hond dan op ’n dag uitkom, haal hy dit op die naaste persoon uit.” In die meeste van die gevalle het die hond uitgekom toe die eienaar die hek oopgemaak het om te ry of waar die hond deur die heining gebreek het.

Volgens Engelbrecht is daar groot boetes wat gegee kan word oor honde wat uitkom en iemand op straat byt. “Dit kan ook meer ernstig raak. As ’n hond oor die pad hardloop en ’n ongeluk veroorsaak, kan die eienaar verantwoordelik gehou word vir die kostes. As iemand in die ongeluk sterf, gaan dit op die eienaar se gewete lê” sê sy.
Volgens bywette oor die aanhou van troeteldiere kan boete uitgereik word wanneer troeteldiere weens die eienaar se nalatigheid iemand anders seermaak. Die betrokke troeteldier kan ook van kant gemaak word en die eienaar sal moet betaal vir enige skade wat gerig is.

’n Hond wat buite die eienaar se erf is moet aan ’n leiband wees.

“Wanneer met ’n hond gestap word en daar kom ’n ander hond nader, loop anderpad of tel die jou hond op. Indien ’n ander hond jou hond aanval, moenie die honde probeer keer met jou hande nie, jy gaan gebyt word. Druk eerder ’n stok tussen die twee honde om die geveg te keer.”

Sy vra ook dat mense nie honde moet tart wanneer hulle verby ’n erf loop nie. Sy sê dis ook beter om ’n hond agter ’n toe heining of muur te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button