NewsNews

Mooi, mooier…Opgetof!

Opgetof en reg vir die kassie! Verlede Donderdag is die laaste mooimaak by die Casa Cara gastehuis en Casa Cara Lodge gedoen vir die TV-leefstylprogram, “Opgetof” waarna kykers vanaf 3 Oktober om 17:30 op die VIA DSTV-kanaal 147 sal kan kyk. Dié spog reeks oor 13 weke neem kykers saam op die mooimaak pad by …

Opgetof en reg vir die kassie! Verlede Donderdag is die laaste mooimaak by die Casa Cara gastehuis en Casa Cara Lodge gedoen vir die TV-leefstylprogram, “Opgetof” waarna kykers vanaf 3 Oktober om 17:30 op die VIA DSTV-kanaal 147 sal kan kyk. Dié spog reeks oor 13 weke neem kykers saam op die mooimaak pad by ses gastehuise in en buite Parys – ’n  projek van meer as R2 miljoen in totaal en dit alles net vir Parys!
Met Gazette se besoek Donderdag by die Casa Cara gastehuis het Eugene en Rinet van Eugene Coetzee & Associates Interior Design & Decor (inlasfoto’s),  nog op die leer en verfkwas in die hand, hard gewerk aan die laaste bietjie mooimaak hier.
By die gastehuis is die eetsaal en ontvangs ’n heel nuwe voorkoms gegee met onder meer nuwe vloere, en veranderings aan die mure en stoele.  By die lodge is die funksie-saal sprokiesmooi oorgedoen, ook met nuwe vloere, muurbehandelings, ’n  nuwe voorkoms vir die kroegarea en die badkamers.
Vandeesweek sou gewerk word aan die safari-tent op die rivier wat van nuuts af gedoen word en ’n  splinternuwe kapel met sitplek vir 120 mense.
Die Casa Cara gastehuis in Parys het in 2013 sy deure oopgemaak.
Die gastehuis, lodge en Casa Cara on Vaal buite Oranjeville, vorm alles deel van die familiegroep-onderneming van Lukas en Karin Labuschagne, Laurie en Marny Labuschagne en Tiaan en Melissa de Bruin.
Gazette het vroeër ook berig van die prag werk wat die produksiespan vir “Opgetof” by A la Maison en Rose Acres in Parys gedoen het, en het Eugene en Rinet intussen ook twee bergchalets by Thabela Thabeng voltooi  waar hul handewerk gesien kan word.
Naas A la Maison, Rose Acres, Thabela Thabeng, Casa Cara Lodge en Casa Cara gastehuis, was die span ook bedrywig by die Bahri Wedding Venue vir ’n  unieke geleentheid.
Eugene en Rinet is nie net verantwoordelik vir die kunstige en stylvolle veranderinge by die gastehuise waar hulle gewerk het nie, maar is ook die aanbieders van “Opgetof”.
Die gedagte agter die program was om die bestaande en unieke karakter van elke gastehuis te gebruik om met dit wat daar is, iets nuut en selfs nog meer treffend en tydloos te skep. Iets wat hulle inderdaad reg gekry het.
Elmie van die produksiemaatskappy HiMom het seker gemaak daar word gekyk na mense se behoeftes en sal die program elke kyker, of jy in die gastehuisbedryf is aldan nie, blinknuwe idees gee hoe om mooi te maak met wat jy het, en dalk weer met ’n  ander oog na jou huis, hotel of besigheid se interieur te kyk.
Daardie iets wat jou bo ander gaan laat uitstaan en op die koop toe Parys bemark as dié toerisme-bestemming! Parys is immers nie verniet bekend vir sy natuurprag en gasvryheid waar dit kom by toerisme.
Hiervan getuig die nie minder nie as 52 gastehuise in die dorp, en 120 gastehuise en gasteplase buite die dorp, sover bekend.

Saam met Rinet en Eugene (middel) is Tiaan en Melissa de Bruin, en Laurie en Marny Labuschagne by die Casa Cara gastehuis

Met Gazette se besoek Donderdag by die Casa Cara gastehuis het Eugene en Rinet van Eugene Coetzee & Associates Interior Design & Decor (inlasfoto’s), nog op die leer en verfkwas in die hand, hard gewerk aan die laaste bietjie mooimaak hier.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button