CommunityPhoto Galleries

My planeet by Aardklop te sien

    Die toneelstuk, My Planeet, is Saterdagaand 5 Augustus as een van drie tienertoneelstukke aangewys wat tydens Aardklop by die Centurion Akademie Aardklop Pronk Podium gaan optree. Om vir Aardklop te kon kwalifiseer moes Gimmies as een van die drie top produksies by die Noordheuwel- en Tswane Toneelfees kwalifiseer. Zandelle Meyer, Christo Horn, Estian …

 
Die toneelstuk, My Planeet, is Saterdagaand 5 Augustus as een van drie tienertoneelstukke aangewys wat tydens Aardklop by die Centurion Akademie Aardklop Pronk Podium gaan optree.
Om vir Aardklop te kon kwalifiseer moes Gimmies as een van die drie top produksies by die Noordheuwel- en Tswane Toneelfees kwalifiseer. Zandelle Meyer, Christo Horn, Estian Thomas, Christi Olivier, Dian-Louw Niesing, asook die regisseur en teksskrywer, Pierre-André Viviers, het tydens die Noordheuwel-toneelfees verskeie goue en silwer sertifikate vir spel en tegniese samestelling ontvang.
Tydens die ATKV-Tienertoneel Streekkompetisie is Gimmies met die toneelstuk, My Planeet, as naaswenners aangewys. Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is ’n nasionale kompetisie waar ongeveer 200 toneelstukke meeding om onder die top 15 produksies te eindig. Die finaal vind in Oktober in Kaapstad plaas, waartydens die beste 15 produksies in die bekende ArtsCape-teater gaan optree. Die name van die 15 produksies word in September bekend gemaak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button