NewsNews

Veerpyltjie-legende se dood laat groot leemte

Die dood van Kassie Pretorius (80) laat ’n  groot leemte nie net in veerpyltjiekringe in Suid-Afrika nie, maar ook buite die grense van die land waar hy met soveel passie geleef het vir die ontwikkeling en bevordering van die sport. Kassie is Woensdagaand kort na sy aankoms by Medi Clinic Potchefstroom aan hartversaking oorlede. Die …

Die dood van Kassie Pretorius (80) laat ’n  groot leemte nie net in veerpyltjiekringe in Suid-Afrika nie, maar ook buite die grense van die land waar hy met soveel passie geleef het vir die ontwikkeling en bevordering van die sport.
Kassie is Woensdagaand kort na sy aankoms by Medi Clinic Potchefstroom aan hartversaking oorlede. Die semi-private roudiens sal na verwagting op 8 September om 10:00 gehou word.
Kassie se groot liefde vir mense, maar ook sy sport het van hom iemand gemaak wat diep in die harte van mense gekruip het. Só het hy dikwels met ’n  vonkel in die oog na veerpyltjies verwys as sy eerste vrou, en dan Mariaan.
Sedert 1962 was dié kranige veerpyltjie Springbok wat tien jaar na mekaar sy nasionale kleure in die sport verower het, betrokke by die spel, en veral ook bestuur van die sport. Só het hy steeds op die Region 5 Darts Confederation gedien en was hy baie spelers se mentor. Hy was verantwoordelik vir talle toernooie oor die jare wat op sy inisiatief gehou is. Hieronder tel ’n jeugtoernooi, toernooi vir die myne en ook die baie bekende Kassie Pretorius Classic wat vanjaar van 2 tot 3 Desember gehou sal word.
Al sal hy vanjaar nie daar wees om die opwinding van die toernooi te beleef nie, sal hierdie toernooi altyd die nagedagtenis dra van iemand wat geleef het vir veerpyltjiespel.
Kassie en Mariaan sou op 19 September hul 5de huweliksherdenking en ook sy 81ste verjaardag gevier het. Iets waarna hy baie uitgesien het.
Hy word oorleef deur Mariaan, sy seuns Mark en Werner, vier kleinkinders, sy twee broers en drie susters.
In die woorde van Mariaan: “Ek het nie net ’n  sielsgenoot verloor nie, maar my kinders ook ’n  pa en oupa.”

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button