Hoor meer van Missie Japan se werk, uitdagings en vreugdes
Missie Japan is ’n vennootskap tussen die NG Kerk-familie in Suid-Afrika en die Reformed Church van Japan. Dr Stèphan van der Watt, wat verbonde is aan die Kobe Gereformeerde Teologiese Kweekskool in Japan, is tans in Suid Afrika en besoek verskeie donateurs wat hul werk in Japan ondersteun. Hy besoek die NG Kerke van Parys-Oos …
Missie Japan is ’n vennootskap tussen die NG Kerk-familie in Suid-Afrika en die Reformed Church van Japan. Dr Stèphan van der Watt, wat verbonde is aan die Kobe Gereformeerde Teologiese Kweekskool in Japan, is tans in Suid Afrika en besoek verskeie donateurs wat hul werk in Japan ondersteun.
Hy besoek die NG Kerke van Parys-Oos en Parys-Wes op Dinsdag, 5 September.
Hy sal by die geleentheid oor hul werk in Japan en die uitdagings, vreugdes en eise daarvan praat.
Alle belangstellendes word genooi om die geleentheid wat op 5 September om 11:30 in Parys-Wes se saal gehou word, by te woon. Na afloop van die geleentheid sal daar sop, tee en koffie beskikbaar wees.
Vir meer inligting skakel Suna Meyer by 056 817 2445 / 082 790 1934.



