Oud-Parysenaar sterf ná kort siekbed
Me José Kotze is vroeër vandeesmaand in Pretoria na ’n kort siekbed aan kanker oorlede. Sy is in 1983 getroud met Bennie Kotze, destydse eienaar van die Riviera Hotel. Sy het aanvanklik in Parys skoolgehou, totdat sy bedank het om haar voltyds toe te spits op kuns. As ma van ’n tweeling, Martin en Nico, …

Me José Kotze is vroeër vandeesmaand in Pretoria na ’n kort siekbed aan kanker oorlede.
Sy is in 1983 getroud met Bennie Kotze, destydse eienaar van die Riviera Hotel.
Sy het aanvanklik in Parys skoolgehou, totdat sy bedank het om haar voltyds toe te spits op kuns. As ma van ’n tweeling, Martin en Nico, was sy aktief betrokke by Ma’s wat Omgee in Parys, en ook by ander gemeenskapsinisiatiewe.
Die egpaar het later na Pretoria verhuis.
’n Aggressiewe kanker is onlangs by haar gediagnoseer. “Tydens haar kort siekte het José deurentyd wonderlik moedig gebly, “ sê Bennie, tans ’n sakeman van Pretoria. Hy sê ook dat sy baie lief was vir Parys, en dat hulle steeds talle vriende hier het. Hulle het beplan om hier te kom aftree.



