CommunityPhoto Galleries

Koortalent weer hier gehoor

’n  Fees van koorsang en instrumentale musiek word weer op Vrydag 8 September by die NG gemeente Vredefort gehoor. Die jaarlikse kermis en koorfees van die NG gemeente Vredefort en Chris van Niekerk skool begin om 09:00 die oggend. Baie talentvolle kore van Parys, Vredefort, Kroonstad, Potchefstroom en die Vaaldriehoek wat    hoër- en laerskoolkore, revuegroepe …

’n  Fees van koorsang en instrumentale musiek word weer op Vrydag 8 September by die NG gemeente Vredefort gehoor.
Die jaarlikse kermis en koorfees van die NG gemeente Vredefort en Chris van Niekerk skool begin om 09:00 die oggend.
Baie talentvolle kore van Parys, Vredefort, Kroonstad, Potchefstroom en die Vaaldriehoek wat    hoër- en laerskoolkore, revuegroepe en instrumentale ensembles insluit, sal optree.
Toegang vir die koorfees is R10 per persoon.
Vir die kinders is daar die dag ook boeresport, skyfskiet, “bokdrolspoeg”, donkiekarritte en eetgoed te koop by die kermis op die kerkterrein wat saam met die koorfees aangebied word.
Chris van Niekerk Skool se ATKV-tak, Koepel Woema, is pas vereer met ’n  ATKV toekenning vir Nasiebou. Dié toekenning is gemaak na aanleiding van die sukses van die jaarlikse koorfees!
Vir navrae oor die fees en kermis skakel 082 565 1085

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button