CommunityPhoto Galleries

Koortalent weer hier gehoor

’n  Fees van koorsang en instrumentale musiek word weer op Vrydag 8 September by die NG gemeente Vredefort gehoor. Die jaarlikse kermis en koorfees van die NG gemeente Vredefort en Chris van Niekerk skool begin om 09:00 die oggend. Baie talentvolle kore van Parys, Vredefort, Kroonstad, Potchefstroom en die Vaaldriehoek wat    hoër- en laerskoolkore, revuegroepe …

’n  Fees van koorsang en instrumentale musiek word weer op Vrydag 8 September by die NG gemeente Vredefort gehoor.
Die jaarlikse kermis en koorfees van die NG gemeente Vredefort en Chris van Niekerk skool begin om 09:00 die oggend.
Baie talentvolle kore van Parys, Vredefort, Kroonstad, Potchefstroom en die Vaaldriehoek wat    hoër- en laerskoolkore, revuegroepe en instrumentale ensembles insluit, sal optree.
Toegang vir die koorfees is R10 per persoon.
Vir die kinders is daar die dag ook boeresport, skyfskiet, “bokdrolspoeg”, donkiekarritte en eetgoed te koop by die kermis op die kerkterrein wat saam met die koorfees aangebied word.
Chris van Niekerk Skool se ATKV-tak, Koepel Woema, is pas vereer met ’n  ATKV toekenning vir Nasiebou. Dié toekenning is gemaak na aanleiding van die sukses van die jaarlikse koorfees!
Vir navrae oor die fees en kermis skakel 082 565 1085

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button