NewsNews

Parys weer gasheer vir vierde Rhino Rally

Parys sal die naweek van 8 tot 10 September die gasheer wees van die Rhino Rally wat by die Afri Dome in Parys gehou word. Talle motorfietsryers word weer vir die saamtrek verwag. Parysenaars sal oudergewoonte kan uitsien na die massa-optog wat Saterdag 9 September tussen 10:00 en 11:00 deur die dorp gehou word. Daar …

Parys sal die naweek van 8 tot 10 September die gasheer wees van die Rhino Rally wat by die Afri Dome in Parys gehou word. Talle motorfietsryers word weer vir die saamtrek verwag. Parysenaars sal oudergewoonte kan uitsien na die massa-optog wat Saterdag 9 September tussen 10:00 en 11:00 deur die dorp gehou word. Daar sal vanaf die Afri Dome uitgang by Eerstelaan weggespring word vir die optog vanwaar daar in Eerstelaan beweeg sal word en die optog dan ook langs Kruisstraat, Phillipstraat, Waterstraat, Breëstraat en terug tot by Allenbystraat gesien kan word.
Mense kan gerus in die parkie by Eerstelaan asook langs Breëstraat ’n  staanplekkie kry om die optog te sien.
Met die uitsondering van die optog word al die saamtrek bydrywighede by die Afri Dome gehou en sal net mense wat toegang betaal het, op die terrein toegelaat word. Die koste is R250 per persoon. Van die vermaaklikheidskunstenaars wat vir die naweek hier sal wees, sluit in Clint & Co vir die Vrydagaand, en Backbone vir die Saterdagaand, terwyl daar deur die dag ook geluister kan word na Axe en Black Water.
Mense wat navrae het is welkom om meer besonderhede te kry op die webwerf www.bikesa.net of skakel (011) 782 5521.
Vir navrae oor kos- en vlooimarkstalletjies skakel Wilma by 082 683 0328.
Die Rhino Rally is vir die eerste keer in 1976 aangebied.
Vanjaar is die vierde jaar dat die saamtrek in Parys gehou word.

Related Articles

Back to top button